Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Middernagtelike Geroep

    Baie dink met afsku aan die handelswyse van die Jode in hulle verwerping en kruisiging van Christus en waar hulle die geskiedenis lees van die skandelike behandeling wat Hy ondergaan het, dink hulle dat hulle Hom liefhet en dat hulle Hom nie sou verloën het soos Petrus of Hom sou gekruisig het soos die Jode nie. Maar God wat die harte van almal kan lees, het die liefde wat hulle sê dat hulle vir Jesus het, op die proef gesteL Die ganse hemel het met die grootste belangstelling gekyk hoe die eerste engel se boodskap ontvang word. Vele wat gesê het dat hulle Jesus liefhet en wat trane stort wanneer hulle die verhaal van die kruis lees, het gespot met die goeie nuus van Sy koms. Pleks dat hulle die boodskap met blydskap aangeneem het, het hulle gesê dat dit ‘n bedrog was. Hulle het diegene gehaat wat sy koms liefgehad het en het hulle uit die kerke verban. Diegene wat die eerste boodskap ver werp het, kon nie baat by die tweede nie; ook is hulle nie bevoordeel deur die middernagtelike geroep wat hulle sou voorberei om deur geloof saam met Jesus in te gaan in die allerheiligste plek van die hemelse heiligdom nie. Deur die twee vorige boodskappe te verwerp, is hulle verstand so verduister dat hulle geen lig kon sien in die derde engel se boodskap wat die weg aangewys het na die allerheiligste plek nie. Ek het gesien dat net soos die Jode Jesus gekruisig het, so het die kerke hierdie boodskappe gekruisig en daarom het hulle geen kennis van die weg tot die allerheiligste plek nie en hulle kan geen voordeel trek uit die middelaarswerk van Jesus daar nie. Net soos die Jode, wat hulle nuttelose offers gebring het, so stuur hulle hulle gebede op na die afdeling wat Jesus verlaat het en die Satan, in sy skik met hierdie bedrog, neem sogenaamde Christene tot homself en hy werk met sy krag en tekens en wonders van die leuen om hulle in sy strik te vang. Sommige bedrieg hy op die een manier en ander weer op ‘n ander. Hy het verskillende verleidings vir die verskillende soorte mense. Sommige sal die een dwaling met afsku verwerp, terwyl hulle ‘n andereen geredelik sal aanneem. Die Satan bedrieg sommige met Spiritisme. Ook kom hy in die gedaante van'n engel van die lig en versprei hy sy invloed oor die land deur middel van valse reformasies. Die kerke is in hulle skik en hulle meen dat God op wonderbaarlike wyse vir hulle werk, terwyl dit al die tyd die werk van ‘n ander gees is. Die opwinding bedaar later en dit laat die wêreld en die kerk in ‘n slegter toestand as voorheen. [EG 222,3]DBo 154.4

    Die koms van Christus as ons Hoëpriester na die Allerheiligste plek vir die reiniging van die heiligdom, soos in Daniël 8:14 verklaar; die koms van die Seun van die mens na die Oue van dae, soos in Daniel 7:13 geopenbaar en die koms van die Here na Sy tempel soos deur Maleagi voorspel, is beskryf as van dieselfde gebeurtenis en dit is ook voorgestel deur die koms van die brui degom soos deur Christus beskryf in die gelykenis van die tien jong meisies in Mattheus 25. [GS 488]DBo 155.1

    Dit was die middernagtelike geroep wat krag sou gee aan die tweede engel se boodskap. Engele is uit die hemel gestuur om die ontmoedigde heiliges op te wek en hulle te berei vir die groot werk voor hulle. Dit was nie die mees talentvolle manne wat eerste hierdie boodskap ontvang het nie. Engele is gestuur na die nederiges en toegewydes en hulle moes die boodskap gee: “Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!” Diegene aan wie hierdie boodskap toevertrou is, het haastig en in die krag van die Heilige Gees die boodskap verkondig en hulle ontmoedigde broeders opgewek. Hierdie werk was nie afhanklik van die wysheid en geleerdheid van mense nie, maar van die krag van God en Sy heiliges wat die roepstem gehoor het, kon dit nie weerstaan nie. Die vromes het eerste die boodskap aangeneem en diegene wat voorheen leiers was in die werk was die laaste om dit aan te neem en te help met die wekroep: “Daar kom die bruidegom, gaan uit hom tegemoet!”DBo 155.2

    In elke deel van die land is daar lig gegee op die tweede engel se boodksap en die roepstem het die harte van duisende week gemaak. Die boodskap het gegaan van stad tot stad en van dorp tot dorp, totdat die wagtende volk van God heeltemal wakkergeskud was. Baie kerke wou nie toelaat dat die boodskap in hulle midde verkondig word nie en menigtes wat die lewende getuienis gehad het, het hulle aan die gevalle kerke onttrek. Daar is ‘n groot werk gedoen deur die middernagtelike geroep. Dit was ‘n hartdeursoekende boodskap wat die gelowiges laat verlang het na ‘n dieper geestelike lewe. Hulle het geweet dat hulle nie op mekaar kon leun nie. [EG 203/4]DBo 156.1

    Deur te vas, te waak en gedurig te bid, het die heiliges verlangend gewag op hulle Here. Daar was selfs sondaars wat met siddering gedink het aan die koms, maar die massas het die gees van die Satan geopenbaar in hulle teenstand teen die boodskap. Orals het hulle spottend gesê:“Niemand weet die dag of die uur nie.” Bose engele het hulle aangepor om hulle harte te verhard en elke ligstraal uit die hemel te verwerp sodat hulle vasgevang kon word in die strikke van die Satan. Baie van die wat voorgegee het dat hulle die koms van Christus verwag het, het geen aandeel geneem in die verkondiging van die boodskap nie. Die heerlikheid van God wat hulle gesien het, die nederigheid en toewyding van die wagtendes eh die oorweldigende getuienis, het hulle laat bely dat hulle die waarheid aangeneem het, maar hulle was nie bekeer nie; hulle was nie gereed vir die koms van hulle Here nie. [EG 203/4]DBo 156.2

    Toe daar geroep is: “Daar kom die bruidegom gaan uit hom tegemoet!” het diegene wat gewag het, opgestaan “en hulle lampe reggemaak” hulle het die Woord van God met ‘n ywer en belangstelling ondersoek soos nooit tevore geken is nie. Engele is uit die hemel gestuur om diegene wat ontmoedig was, op te wek en hulle te berei om die boodskap te ontvang. Die werk het nie in menslike wysheid en geleerdheid geskied nie, maar in die krag van God. Dit was nie diegene met groot talente nie, maar die nederiges en toegewydes wat eerste was om die oproep te gehoorsaam. Boere het hulle gesaaides op die lande laat staan, werktuigkundiges het hulle gereedskap neergesit en met trane en blydskap uitgegaan om die boodskap te verkondig. Diegene wat eers leiers in die saak was, was die laaste om by hierdie beweging aantesluit en oor die algemeen het die kerke hulle deure vir die boodskap gesluit en ‘n hele aantal van die wat dit aangeneem het, het van die kerke afgeskei. In die voorsienigheid van God het die verkondiging van hierdie boodskap aangesluit by die van die tweede engel en krag aan daardie werk gegee. [GS 460]DBo 156.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents