Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Wonderlike Werking Van Satan

    Deur die dekreet wat die pouslike instelling afdwing in verbreking van die wet van God, sal ons nasie haar volkome losmaak van geregtigheid. Wanneer Protestantisme haar hand oor die afgrond steek om die hand te neem van die Roomse mag; wanneer sy die hand oor die afgrond steek om die hand van spiritisme te neem en wanneer, onder die invloed van die drievoudige verbond, ons land elke beginsel van sy grondwet as ‘n Protestantse en Republikeinse regering sal repudieer en voorsiening sal maak vir die propagering van pouslike dwaling en misleidings, dan kan ons weet dat die tyd gekom het vir die wonderbaarlike werking van Satan en dat die einde naby is.DBo 174.3

    Soos die naderende Romeinse leërs ‘n teken was vir die dissipels van die ophande synde vernietiging van Jerusalem, so kan die dwaling ‘n teken vir ons wees dat die perke van God se lankmoe-digheid bereik is en dat die beker van ons nasie se ongeregtigheid vol is en dat die genade engel byna gereed is om te vertrek, om nooit weer terug te keer nie. Die volk van God sal dan gedompel word in daardie tonele van beproewing en ellende wat die profete beskryf het as die tyd van Jakob se benoudheid. Die geskrei van die getroue vervolgde gelowiges gaan op na die hemel. Soos die bloed van Abel van die grond af uitgeroep het, so is daar stemme wat ook tot God roep uit martelaarsgrafte, van kelders van die see, bergspelonke en kloosterselle.” Hoe lank, Here, Heilige en waaragtige, oordeel en wreek u nie ons bloed op hulle wat die aarde bewoon nie?” [5T 451:1,2]DBo 175.1

    Net voor ons is “die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.” (Openb.3:10). Almal wie se geloof nie opdie Woord van God gevestig is nie, sal bedrieg en oorwin word. Satan werk” met allerhande verleiding van ongeregtigheid” om die mensekinders te beheers en sy bedrieëry sal steeds toeneem. Maar hy sal sy doel bereik alleen namate mense vrywillig aan sy versoekings toegee. Diegene wat ernstig soek na ‘n kennis van die waarheid en wat trag om hulle siele te reinig deur gehoorsaamheid en wat doen wat hulle kan om hulleself voor te berei vir die stryd, sal in die God van waarheid ‘n vaste vesting hê. “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar,” is die belofte van die Heiland aan ons. (Openb. 3:10). Liewer as om een siel wat op Hom vertrou, oor te laat om deur Satan oorwin te word, sal hy al die engele uit die hemel stuur om Sy volk te beskerm. [GS 635]DBo 175.2

    Hy het getrag om die gedaantes van afgestorwe vriende aan mense te laat verskyn. Hierdie vervalsing is volmaak; die bekende voorkomste, die woorde, die buiging van die stem, word met wonder-baarlike juistheid weergegee. Vele word vertroos met die versekering dat hulle geliefdes in die hemelse geluksaligheid is en sonder enige vermoede van gevaar, luister hulle na “verleidende geeste en leringe van duiwels.” [GS 625]DBo 175.3

    Deur Spiririsme verskyn Satan as die weldoener van die mens. Hy genees die siekes en gee voor dat hy ‘n nuwe en meer verhewe stelsel van godsdiens het, maar terselfdertyd werk hy as verwoester. Sy versoekings lei menigtes tot hulle ondergang. Onmatigheid onttroon die rede; botviering van die vleeslike luste, stryd en bloedvergieting is die gevolg. Satan skep behae in oorlog, want dit wek die laagste drifte van die siel op en dit voer die slagoffers, gedrenk in sonde en bloed, die ewigheid in. Dit is sy doel om die volke tot oorlog teen mekaar op te sweep, want sodoende kan hy die aandag van die mense aftrek van die werk van voorbereiding vir die dag van God.DBo 175.4

    Satan werk deur die elemente om sy oes van onvoorbereide siele in te samel. Hy het die geheime van die laboratoriums van die natuur nagegaan en hy gebruik al sy krag om die elemente te beheers sover as God hom toelaat. Toe hy toegelaat is om Job te teister, hoe vinnig was die vee en beeste en diensknegte en huise en kinders weggeveeg! Die een ramp het op die ander gevolg soos in ‘n oomblik. Dit is God wat Sy skepsels beskerm en hulle beskut teen die mag van die verwoester. Maar die Christenwêreld het sy minagting vir die wet van Jehova getoon en die Here sal doen presies wat Hy verklaar het dat Hy sal doen - Hy sal Sy seëninge aan die aarde onttrek en Sy beskerming aan diegene wat in opstand is teen Sy wet en wat ander leer en dwing om dieselfde te doen, ontneem. Satan beheer almal wat nie spesiaal deur God beskerm word nie. Hy sal sommige begunstig en voorspoedig maak om sy eie planne te bevorder en oor ander sal hy moeilikhede laat kom om hulle te laat glo dat dit God is wat hulle teister. Terwyl hy hom aan die mensekinders voordoen as die groot geneesheer wat al hulle siektes kan genees, sal hy siekte en rampe laat ontstaan totdat digbewoonde stede omskep is in ruines en verwoesting. Hy is nou reeds aan die werk. In ongelukke en rampe op see en land, in groot brande, in verwoestende winde, in verskriklike haelstorms, in storms, oorstromings, orkane vloedgolwe en aardebewings orals en in ‘n duisend vorms beoefen Satan sy mag. Hy laat ryp oeste verwoes en hongersnood en ellende is die gevolg. Hy besoedel die lug en duisende kom om in pestilensies. Hierdie rampe sal meer dikwels en met ontsettender gevolge kom. Verwoestings sal kom oor mens en dier. “Die aarde treur, dit verwelk... en die hoë mense van die aarde versmag. Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners, want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.” Jesaja 24:4,5. [GS 666/7]DBo 176.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents