Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Voorsiene Versoening

    Die dood van Christus aan die kruis het die vernietiging verseker van hom wat die mag van die dood het, die oorsprong van die sonde. Wanneer die Satan vernietig is, sal daar niemand wees om tot die kwaad te verlei nie, die versoening sal nooit herhaal hoef te word nie en daar sal geen gevaar wees van nog ‘n opstand in die heelal nie. Dit alleen wat sonde in hierdie wêreld van duisternis kan terughou, sal dit in die hemel verhoed. Die betekenis van die kruis van Christus sal verstaan word deur die heiliges en engele. Die gevalle mens sal nie ‘n tuiste in die paradys hê sonder die Lam wat voor die grondlegging van die aarde geslag is nie. Sal ons dan nie die kruis van Christus verhef nie? Die engele gee eer aan Christus, want selfs hulle is nie veilig as hulle nie die lyding van Christus in ag neem nie. Dit is deur die voltreffendheid van die kruis wat engele teen afval bewaar word. Sonder die kruis sal hulle geensins veiliger wees teen sonde as die ander engele voor die val van die Satan nie. Volmaakte engele het misluk in die hemel. Volmaakte mense het gefaal in Eden, die paradys van God. Almal wat veilig wil wees op aarde of in die hemel moet hulle oë vestig op die Lam van God. [SDABC 1:1132]DBo 124.3

    Niemand wat in Jesus Christus glo is onder die juk van die wet van God nie, want Sy wet is ‘n wet van lewe en nie van die dood nie, vir diegene wat sy insettinge onderhou. Almal wat die geestelikheid van die wet besef, wat sy krag erken om die sonde te ontbloot, is in net so ‘n hulpelose toestand as die Satan self, tensy hulle die versoening aanvaar vir hulle voorsien in die genesende offerande van Christus, ons versoening en eenwording met God.DBo 125.1

    Deur geloof in Christus word gehoorsaamheid aan elke beginsel van die wet moontlik gemaak. [SDABC 6:1077]DBo 125.2

    Die apostel doen ‘n beroep op almal om die voorbeeld van Christus te volg. Die Aanvoerder van die hemel het Homself gegee om ‘n lewe van vernedering en armoede te lei, dat Hy saam met die gevalle mensdom kon staan om die beeld van God in die mens te herskep. Die Here Jesus was gewillig om arm te word sodat deur Sy vernedering en Sy dood aan die kruis, Hy die losprys vir ons kan betaal.DBo 125.3

    Of ons arm of ryk is, ons moet nooit vergeet dat die armoede van Christus ‘n deel was van Sy menslike erflating nie. Dit was nie net die verraad of die lyding aan die kruis wat die versoening uitgemaak het nie. Die vernedering waarvan Sy armoede deel was, is ingesluit in die versoening. Christus het in Sy eie Goddelike siel die hele spektrum van menslike lyding omvat. [SDABC 6:1103]DBo 125.4

    Luister na sy verduideliking van die werk van die Messias as die groot Hoëpriester van die mensdom - die Een wat deur die offer van Sy eie lewe eens en vir altyd vir die sonde van almal versoening sou doen en dan Sy bediening in die hemelse heiligdom sou aanvaar. Paulus het sy toehoorders laat verstaan dat die Messias na wie se koms hulle verlang het, reeds gekom het dat Sy dood die teenbeeld was van al die soenoffers en dat Sy bediening in die hemelse heiligdom die groot werklikheid was wat sy skaduwee teruggewerp en die betekenis van die bediening van die Joodse priesterskap verklaar het. [HA197]DBo 125.5

    Die goeie nuus van die evangelie is die eerste keer aan Adam gegee in die aankondiging aan hom dat die saad van die vrou die slang se kop sou vermorsel en dit is oorgedra deur opeenvolgende geslagte aan Noag, Abraham en Moses. Die kennis van die wet van God en die plan van verlossing is aan Adam en Eva oorgedra deur Christus self. Hulle het die kosbare les bewaar en dit aan hulle kinders en kleinkinders oorvertel. Op hierdie wyse is die wet van God as pag bewaar. [1 SM 230]DBo 125.6

    Terwyl Moses in die berg saam met God was, is die plan van verlossing, soos in die begin met die val van Adam, aan hom geopenbaar op indrukwekkende wyse. Hy het toe geweet dat die Engel wat Israel op hul reis vergesel het, in die vlees geopenbaar sou word. Die dierbare Seun van God, wat een met die Vader was, sou alle mense wat in Hom sou glo en vertrou, een met God maak. Moses het die ware betekenis van die offerandestelsel verstaan. Christus het die evangelieplan aan Moses geleer en die heerlikheid van die evangelie het, deur Christus, sy aangesig laat skyn sodat die volk nie na hom konkyknie. [1 SM 231/2]DBo 126.1

    In die vonnis wat oor Satan uitgespreek is, is daar ‘n aanduiding van verlossing gegee. “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou,” het God gesé “en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en jy sal Hom in die hakskeen byt” [Gen.3:15]. Hierdie vonnis, wat ten aanhore van ons oerouers uitgespreek is, was vir hulle ‘n belofte. Voordat hulle van die doring en die distel verneem het, van die arbeid en smart wat hulle lewenslot moet wees, of van die stof waarheen hulle moet terugkeer, het hulle na woorde geluister wat nie anders kon as om hulle met hoop te besiel nie. Alles wat verlore is deur aan Satan toe te gee, kon deur Christus herwin word. [Opv.27]DBo 126.2

    In elke offergawe aan God moet ons die een groot Gawe erken deur wie alleen ons diens voor God aanvaarbaar is. Toe Abel die eersteling van sy kudde geoffer het, het hy God erken, nie alleen as die Gewer van sy aardse seëninge nie, maar ook as die Gewer van die Verlosser. Abel se offer was die beste wat hy kon bring, want dit was die Here se aangewese vereiste. Maar Kain het slegs die opbrengs van die land gebring en dit was nie deur die Here aanvaar nie. Al ons offergawes moet besprinkel word met die bloed van die versoening. As die duur gekooptes van die Seun van God, moet ons ons lewe aan die Here gee. [SDABC 1:1086]DBo 126.3

    Hy het die nuwe verbond aan hulle opgedra waardeur almal wat Hom ontvang, kinders van God word en mede-erfgename van Christus. Deur hierdie verbond was elke seën wat die hemel in hierdie en die toekomstige eeue kan uitstort, hulle s'n. Hierdie verbondsakte sou deur die bloed van Christus bekragtig word en die hou van die sakrament sou hulle herinner aan die perkelose opoffering wat vir elkeen van hulle indiwidueel gemaak is as deel van die gevalle mensdom se groot geheel. [KE 597]DBo 126.4

    Die Vader plaas Sy liefde op Sy uitverkorenes wat tussen mense woon. Dit is diegene wat Christus verlos het deur die losprys van Sy eie bloed en omdat hulle gehoor gee aan die roeping van Christus. Deur die soewereine genade van God, word hulle uitverkies om gered te word as Sy gehoorsame kinders. Op hulle is die vrye genade van God, die liefde waarmee Hy hulle liefgehad het. Elkeen wat hom soos ‘n kindjie sal verootmoedig, wat die Woord van God met die eenvoud van ‘n kindjie sal ontvang en gehoorsaam, sal onder die uitverkorenes van God wees. [6BC 1114]DBo 126.5

    In die raadsbesluite van die hemel is voorsiening gemaak dat die mens, alhoewel oortreders, nie sou vergaan in hulle ongehoor-saamheid nie, maar, deur geloof in Christus as hulle Plaasvervanger en Pand, die uitverkorenes van God kan word, uitverkies tot die aanneming tot kinders deur Jesus Christus vir Homself volgens die behae van Sy wil. God wil hê dat alle mense gered word, want voldoende voorsiening is gemaak deur die gawe van God se eniggebore Seun as losprys vir die mens. Die wat verlore gaan, gaan verlore omdat hulle weier om deur Christus aangeneem te word as die kinders van God. [6BC 1114(St Jan. 2,1893)]DBo 127.1

    ’n Ander verdrag wat in die Skrifte die ou verbond genoem word, is by Sinai tussen God en Israel aangegaan en dit is daar op die plek deur die bloed van ‘n offerdier bekragtig. Die verbond met Abraham is deur die bloed van Christus bekragtig en word die” tweede” of” nuwe” verbond genoem omdat die bloed waarmee dit verseël is, gestort is na die bloed wat die eerste verbond bekragtig het. Dat die nuwe verbond reeds in die dae van Abraham geldig was, blyk uit die feit dat dit destyds deur sowel die belofte as die eed van God bevestig is - die twee “onveranderlike dinge,” waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg.” [Heb. 6:18]DBo 127.2

    Die versoenings offerande is volledig en voldoende. Dit is die nuwe verbond, verseël deur Sy bloed, gestort vir die vergifnis van die sonde van vele. Dit het Christus by die laaste avondmaal verklaar. In hierdie beker is daar, vir diegene wat in geloof drink, vredemakende, sielreinigende krag. Dit is die balsem van Gilead wat deur God voorsien is om genesing en gesondheid aan die sonde belaaide siel te gee. [SBC. 1102(Letter 108.1899)]DBo 127.3

    Onder die nuwe verbond is die voorwaardes waaronder die ewige lewe verkry kan word, dieselfde as onder die ou verbond, volmaakte gehoorsaamheid. Onder die ou verbond was daar vele oortredinge van moedswillige aard waarvoor die wet nie voorsiening gemaak het nie. In die nuwe en beter verbond het Christus die wet vervul vir die oortreders van die wet, as hulle Hom aanvaar deur geloof as persoonlike Saligmaker. “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word”: aan almal wat tot Christus kom en op Sy meriete vertrou om hulle sondes weg te neem. In die nuwe verbond word ons deur die bloed van Christus gereinig. [7 BC 931 (Letter 276,1901)]DBo 127.4

    Die verbondsark, met die versoendeksel, wat die heilige wet van God bevat, is ‘n toonbeeld van Jehova self. Terwyl ons ons daarin verheug dat Jesus gekom het, dat die offerandes van die vorige bedeling vervang is deur die volmaakte offerande vir die sonde, laat dit ons nie toe om daardie tyd te verag nie. Die wat kwetsende opmerkings maak oor die Joodse bedeling, toon aan dat hulle onkundig is aangaande die Skrifte en die krag van God. [R&H Mar 2,1886(2:23)DBo 128.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents