Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Goddelikheid geopenbaar

    Die Godheid het deur die mens gestraal en aan Christus ‘n waardigheid en heerlikheid verleen wat Hy nog nooit vantevore geopenbaar het nie. [KE 529]DBo 25.5

    ’n Oomblik het die Goddelikheid van Christus deur Sy menslike masker gestraal en die hoëpriester het gekrimp voor die deurdringde oë van die Heiland. [KE.363]DBo 25.6

    Sy stem, helder en deurdringend, dring deur die ore van die dooie. As Hy praat, glim die Godheid deur Sy mensheid. In Sy gelaat, wat verlig is deur die heerlikheid van God, sien die aanwesiges die versekering van Sy krag. Elke oog is op die ingang van die grot gevestig. Elke oor is gespits om die geringste geluid te hoor. Met intense belangstelling wag almal in spanning op die toets vir Christus se Godheid, die getuienis wat Sy aanspraak as die Seun van God sou bevestig, of die hoop vir ewig sal uitdoof. [KE. 481]DBo 25.7

    Sy gebed word verhoor. Terwyl Hy nog laag op die klipperige aarde neerbuig, gaan die hemele skielik oop, die goue poorte van die Godstad word wyd oopgegooi en ‘n heilige lig straal op die berg neer en omhul die Heiland se gedaante. Die Godheid van binne glans deur Sy mensheid en ontmoet die heerlikheid van bo. Dan kom Christus orent en Hy staan daar in Goddelike Majesteit. Sy sielefoltering is weg. Sy gelaat “blink soos die son”en Sy klere is “wit soos die lig.” [KE. 378]DBo 25.8

    Hy is die manifestasie van die Vader en word genoem die Woord van God. God het Sy Seun in die wêreld gestuur, Sy Goddelikheid beklee met menslikheid. Hy maak Sy Goddelike karakter bekend in Sy woorde, krag en majesteit. [SDABC 5:1131]DBo 26.1

    Met die reiniging van die tempel het Jesus Sy sending as Messias aangekond ig en Sy taak onderneem. Christus het met die gesag van ‘n koning gepraat en in Sy voorkoms en in Sy stem was daar ‘n onweerstaanbare mag. Op die bevel van Sy woord het hulle soos nog nooit tevore nie hul ware toestand as hygelaars en rowers besef. Toe die Godheid deur die mensheid geflits het, het hulle nie net die verontwaardiging op Sy gelaat gesien nie, maar hulle het die betekenis van Sy woorde besef. [KE 158,162]DBo 26.2

    Christus kon dinge vir Herodes gesê wat die ore van die harde koning sou deurboor het. Hy sou hom in vrees en bewing kon gehad het deur die goddeloosheid van sy lewe ten volle te ontbloot of met die afgryse van sy naderende verdoemenis. Maar Christus se swye was die striemendste teregwysing wat Hy kon gegee het. Die Majesteit van die hemele het vir hom geen woord gehadnie. [KE 731]DBo 26.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents