Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Versoening in Vooruitskou

    Hemelse engele het die plan wat vir hulle verlossing beraam is, volledigêr aan ons stamouers verduidelik. Aan Adam en sy gesellin is die versekering gegee dat hulle, ondanks hulle groot sonde, nie aan beheersing deur die Satan oorgegee sou word nie. Die Seun van God het aangebied om met Sy eie lewe vir hulle sonde versoening te doen. Daar sou aan hulle ‘n proeftyd toegestaan word en deur berou en geloof in Christus kon hulle weer kinders van God word. [PP 60]DBo 117.3

    As ons na die reënboog kyk, die seël en teken van God se belofte aan die mens dat die vloedgolf van Sy toorn nie weer die aarde sal verwoes deur ‘n watervloed nie, word ons daarvan bewus dat meer as net menseoë die luisterryke toneel aanskou. Die engele juig by aanskoue van hierdie teken van Gods liefde vir die mens. Die Verlosser van die wêreld aanskou dit, want dit was deur Sy bemiddeling dat die boog in die hemele gestel is, as teken of verbond van Sy belofte aan die mens. God self aanskou die boog in die wolke en gedenk die ewige verbond tussen hom en die mens. [1BC 1091]DBo 117.4

    Voor die grondlegging van die aarde is die verbond gemaak dat almal wat gehoorsaam is, almal wat deur die oorvloedige genade wat voorsien is, heilig en sonder blaam voor God is deur daardie genade, kinders van God sal wees. Hierdie verbond, wat reeds van ewigheid af bestaan, is aan Abraham gegee negentien honderd jaar voordat Christus sou kom. Met watter intense belangstelling het Christus, in Sy mensheid, die mensdom bestudeer om te sien of hulle gebruik sou maak van die voorsiening aangebied. [6 BC 1114]DBo 118.1

    Twee keer het die wêreld Gods verbond en Sy insettinge verwerp. Die mense voor die sondvloed en die nakomelinge van Noag het die gesag van God verwerp. Daarna het God met Abraham ‘n verbond gesluit en vir Hom ‘n volk aangeneem wat die bewaarders van Sy wet moes wees. [PP 339]DBo 118.2

    Die alles-omvattende terme van hierdie verbond was bekend aan Abraham se kinders. Dit was sodat die Israeliete ‘n seën kon wees vir die volke en dat Gods naam groot gemaak sou word “deur die hele aarde” [Eks. 9:16] dat hulle uit Egiptiese slaweny verlos is. As hulle gehoorsaam sou wees aan Sy vereistes, sou hulle die ander volke ver vooruit wees in wysheid en begrip, maar hierdie voorsprong sou bereik en gehandhaaf word slegs sodat God deur hulle Sy doel kon vervul vir al die volke van die aarde. [PK 368]DBo 118.3

    Die plek waar die tempel gebou is, is lank as geheiligde plek beskou. Dit was hier waar Abraham, die vader van die gelowiges, sy bereidwilligheid getoon het om sy enigste seun te offer in gehoorsaamheid aan die bevel van Jehova. Hier het God die verbondsbelofte aan Abraham hernu, ‘n verbond wat die heerlike Messiaanse belofte van verlossing aan die mensdom deur die offer-ande van die Seun van die Allerhoogste ingehou het. [Sien Gen. 22:9, 16-18] Dit was hier toe Dawid brandoffers en soenoffers geoffer het om die doodsengel se vergeldende swaard af te weer, dat God hom met vuur uit die hemel geantwoord het. [1 Kron. 21] En nou was die aanbidders van Jehova weer hier om hul God te ontmoet en hulle beloftes van trou aan Hom te hernu. [PK 37]DBo 118.4

    Hy het toe van Abraham en sy saad die besnydenis vereis, wat soos ‘n sirkel uit die liggaam geneem is, as teken dat God hul uitgesny het en van die volke afgeskei het as Sy eiendom. Deur hierdie teken het hul plegtig beloof dat hulle nie met ander volke sou ondertrou nie, want deur dit te doen sou hulle hul eerbied vir God en Sy wet verloor en soos die nasies rondom hulle afgodedienaars word.DBo 118.5

    Deur die daad van besnydenis het hulle plegtig beloof om die vereistes van die verbond met Abraham gemaak na te kom en afgesonder van al die nasies,volmaakte wees. [3SG 297]DBo 119.1

    Die instruksies aan Moses gegee vir Israel, met hul klinkklare onbuigsame bepalings, moet deur Gods volk vandag bestudeer en gehoorsaam word. [Letter 259,1903]DBo 119.2

    Moses, die sigbare leier van die Israeliete, was toegelaat in die verborge beraadslagings van die Allerhoogste. Die mense is bewys gegee dat Moses wel met God gepraat het en van Hom die instruksie ontvang het wat hy aan hulle gegeehet. [1BC 1103]DBo 119.3

    Die verbond wat God met Sy volk hy Sinai gemaak het, moet ons toevlug en sterkte wees Die Here het aan Moses gesê: “So moet jy met die huis van Jakob spreek en aan die kinders van Israel se: Julle het gesien wat Ek aan die Egiptenare gedoen het en dat ek julle op arendsvlerke gedra en tot myself gebring het. As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, dan sal julle My eiendom uit al die volke wees want die hele aarde is Myne en julle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.” [Eks 19:4-6]DBo 119.4

    En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die Here hom beveel het.Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: “Alles wat die Here gespreek het sal ons doen.”DBo 119.5

    Hierdie verbond is vandag van nog net soveel krag as toe die Here dit met ou Israel gemaak het. [1 8C 1103 (SW Maart 1,1904)]DBo 119.6

    Aan ons, net soos aan Israel, is die Sabbat gegee as ‘n ewige verbond. Aan die wat Sy heilige dag eerbiedig, is die Sabbat ‘n teken dat God hulle as Sy uitverkore volk erken. Dit is ‘n belofte dat Hy aan hulle Sy verbond sal vervul. Elkeen wat die teken van God se heerskappy aanvaar, plaas homself onder die goddelike ewige verbond. Hy bind homself aan die goue ketting van gehoorsaamheid waarvan elke skakel ‘n belofte is. [6T 350]DBo 119.7

    Die bloed alleen het krag. Dit alleen kan versoening doen vir ons sonde. Dit is die bloed van die eniggebore Seun van God wat vir ons waarde het om nader aan God te kom, dis Sy bloed alleen wat die sonde van die wêreld wegneem. Smórens en saans aanskou die heelal elke gesinskring wat bid enDBo 119.8

    die engel met die wierook wat die bloed van die versoening voorstel, vind toegang tot God. [7BC971 (MS15,1897)]DBo 119.9

    Gedurende daardie jare is die volk gedurig daaraan herinner dat hulle onder die misnoeë van God was. In die opstand te Kades het hulle God verwerp en God het hulle ook ‘n tydland verwerp. Omdat hulle ontrou was aan die verbond, het hulle nie die teken van die verbond, naamlik die besnydenis, ontvang nie. Deur te begeer om na die land van hulle diensbaarheid terug te keer, het hulle bewys dat hulle die vryheid onwaardig was en daarom moes die Paasfees wat ter herinnering van hulle verlossing uit die slawediens ingestel is, nie gevier word nie. [PP 424]DBo 120.1

    Die opheffing van die besnydenis sedert die oproer te Kades was vir Israel ‘n voortdurende getuienis dat hulle verbond met God, waarvan dit die aangewese simbool was, verbreek was. En die opheffing van die Pasga, die gedenkteken van hulle verlossing uit Egipte, was ‘n bewys van die misnoeë van die Here oor hulle begeerte om na die land van hulle diensbaarheid terug te keer. Die jare van daardie verwerping was egter nou verby. Weer eens het God Israel as Sy volk erken en die teken van die verbond is herstel. Al die mense wat in die woestyn gebore is, is besny.DBo 120.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents