Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Geen Plaasvervanger Van Menslike Plig

    Die Here het geen voorneme om vir ons in te tree om te wil of te werk nie. Dit is ons regmatige werk. Sodra ons ernstig toetree tot die werk, word Sy genade aan ons gegee om te wil en te doen, maar nooit as plaasvervanger vir ons poging nie. Ons siele moet neig tot samewerking. Die Heilige Gees werk deur die menslike instrument om sy eie verlossing uit te werk....DBo 64.6

    Ons het almal gevoel dat die Here met ons saam gewerk het en ons gelei het om te wil, te besluit en te handel. [TM 240]DBo 65.1

    Deur die geloof werk die Heilige Gees in die hart om heiligheid daarin te skep, maar dit kan nie gedoen word tensy die menslike instrument saam met Christus werk nie. Ons kan slegs deur die werk van die Heilige Gees in die hart gereed gemaak word vir die hemel, want ons moet die geregtigheid van Christus hê as geloofsbrief, as ons toegang tot die Vader wil hê... Dit is die werk van die Heilige Gees om die gesindheid te verfyn, die hart te heilig en die hele mens te veredel. [1 SM 374]DBo 65.2

    Aan die ander kant is daar sommige wat nie van hulle huidige geleenthede gebruik maak nie, maar ledig sit en wag dat ‘n spesiale tyd van geestelike verkwikking hulle begaafdheid om ander in te lig grootliks moet vermeerder. Hulle verwaarloos die pligte en voorregte van die oomblik en laat hulle lig dof brand, terwyl hulle na die tyd uitsien wanneer hulle sonder enige persoonlike inspanning spesiale seeninge sal ontvang waardeur hulle verander en vir diens toegerus sal word. [HA 44]DBo 65.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents