Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK DRIE-EN-TWINTIG—DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE HUWELIKSLEWE

    (Deel VII, bls. 47-50.)

    GEAGTE Broeder en Suster: Julle het ‘n lewenslange egverbintenis aangegaan. Julle opleiding in die getroude lewe het pas begin. Die eerste jaar van die getroude lewe is ‘n jaar waarin daar baie geleer word; ‘n jaar waarin die man en vrou bekend raak met mekaar se verskillende karaktertrekke, net soos ‘n kind lesse op skool leer. Laat daar in hierdie eerste jaar van julle huwelikslewe geen hoofstukke wees wat julle toekomstige geluk sal bederf nie.UG1 170.1

    Om die huweliksverhouding ten voile te verstaan, sal ‘n ganse leeftyd neem. Diegene wat in die eg verbind word, gaan in ‘n skool waaruit hulle nooit sal gradueer nie.UG1 170.2

    By broeder, jou vrou se tyd, kragte en geluk is nou met jou verenig. Jou invloed oor haar mag ‘n reuk van die lewe tot die lewe wees, of van die dood tot die dood. Wees baie versigtig om nie haar lewe te bederf nie.UG1 170.3

    My suster, jy sal nou jou eerste praktiese lesse leer in verband met die verantwoordelikhede van die getroude lewe. Sien toe dat jy hierdie lesse dag na dag getrou leer. Moenie toegee aan buie en ontevredenheid nie. Moenie na ‘n lewe van gemak en ledigheid verlang nie. Wees altyd op jou hoede vir selfsug.UG1 170.4

    In hierdie lewensverbintenis moet mekaar se liefde bydra tot mekaar se geluk. Die een moet werk vir die geluk van die ander. Dit is die wil van God aangaande julle. Maar hoewel julle ineen moet smelt, moet nie een van julle julle persoonlikheid ondergeskik maak aan die ander nie. God is die eienaar van julle persoonlikheid. Van Hom moet julle vra wat reg en wat verkeerd is. Van Hom moet julle verneem hoe om beste te beantwoord aan die doel van julle skepping. “Weet julle nie . . . dat julle nie aan julleself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” 1 Kor. 6: 19, 20. Julle liefde vir die menslike moet die tweede plek inneem by julle liefde tot God. Julle grootste liefde moet vir Hom wees wat Sy lewe vir julle gegee het. Deur vir God te lewe gee die siel sy beste. Het julle Hom die liefste wat vir julle gesterf het? As dit die geval is, sal julle liefde vir mekaar soos die van die hemel wees.UG1 170.5

    Die liefde mag so helder en rein as kristal wees, maar dit mag ondiep wees omdat dit nog nie op die proef gestel is nie. Laat Christus die eerste en laaste en beste in alles wees. Aanskou Hom gedurig, en julle liefde vir Hom sal daeliks dieper en sterker word namate dit die beproewings deurmaak. En namate julle liefde vir Hom toeneem, sal julle liefde vir mekaar ook dieper en sterker word. “En terwyl ons almal met ontsluierde gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid.” 2Kor. 3: 18.UG1 171.1

    Julle het nou pligte wat julle nie voor julle troue gehad het nie. “Beklee julle dan . . . met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.” “Wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het.” Gee ag op die volgende onderwysing: “Vroue, wees aan julle eie manne onderdanig, soos aan die Here, Want die man is die hoof van die vrou soos Christus ook die Hoof van die gemeente is. . . . Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook aan hulle eie manne in alles wees, Manne, julle moet julle eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.” Kol. 3: 12; Efe. 5: 2, 22-25.UG1 171.2

    Die huwelik, ‘n egverbintenis solank die lewe duur, is ‘n simbool van die verbintenis van Christus en Sy gemeente. Die gees wat Christus teenoor die gemeente openbaar, moet deur die man en vrou teenoor mekaar geopenbaar word.UG1 171.3

    Nóg die man nóg die vrou moet trag om baas te speel nie. Die Here self het die beginsel neergelê wat as leidraad moet dien in die saak. Die man moet die vrou liefhê soos Christus die gemeente liefhet. En die vrou moet haar man eer en respekteer. Albei moet die gees van goedertierenheid aankweek, vasberade om nooit die een die ander te bedroef of seer te maak nie.UG1 172.1

    My broeder en suster, albei van julle het ‘n sterk wilskrag. Julle kan hierdie krag ‘n groot seen of ‘n groot vloek vir julleself maak, en vir die met wie julle in aanraking kom. Die een moet nie sy wil op die ander afdwing nie. Julle kan dit nie doen en mekaar se liefde behou nie. Openbarings van eiesinnigheid sal die geluk van die huislike lewe verstoor. Moenie julle getroude lewe ‘n lewe van twis en tweedrag maak nie. As julle dit doen sal julle albei baie ongelukkig wees. Wees vriendelik en sagmoedig in julle woorde en dade, en offer julle eie begeertes op. Slaan ag op julle woorde, want hulle het ‘n groot invloed ten goede of ten kwade. Moet nooit harde woorde gebruik nie. Veraangenaam julle huwelikslewe met die soete geur van Christelikheid.UG1 172.2

    Voordat ‘n man so ‘n intieme lewe aangaan as die huwelikslewe, behoort hy te leer hoe om homself te beheers en hoe om met ander te handel.UG1 172.3

    In die opvoeding van kinders is daar tye wanneer die kind met sy ongedissiplineerde en onredelike wil, die wil van sy moeder weerstaan. Met sulke tye het die moeder groot wysheid nodig. Deur onverstandig op te tree en dwangmaatreëls toe te pas, kan daar groot skade aangerig word.UG1 172.4

    Waar enigsins moontlik moet so ‘n krisis vermy word; want dit sal ‘n groot stryd vir beide moeder en kind beteken. Maar as die krisis eenmaal daar is, moet die wil van die kind buig voor die wil van sy verstandiger ouer. In sulke gevalle moet die moeder haarself onder volkome beheersing hou, en niks doen wat ‘n gees van rebellie by die kind sal laat ontstaan nie. Sy moenie bevele uitskree nie. Sy sal baie meer uitrig as sy kalm en bedaard sou bly. Sy moet op so ‘n wyse met die kind handel dat hy na Jesus toe getrek sal word. Sy moet besef dat God haar helper is. As sy ‘n verstandige Christin is, sal sy nie probeer om die kind te forseer om te gehoorsaam nie. Sy sal ernstig bid dat die vyand nie die oorwinning sal behaal nie, en terwyl sy bid, sal sy voel dat haar geestelike krag versterk word. Sy sal gewaar dat dieselfde krag wat in haar werk, ook in die kind werk. Hy sal sagmoedig en gehoorsaam word. Die oorwinning is behaal. Haar geduld, vriendelikheid en selfbeheersing, het hulle werk gedoen. Daar kom vrede na die storm, net soos die sonskyn na ‘n reent. En die engele wat die stryd gadegeslaan het, hef ‘n vreugdelied aan.UG1 172.5

    Hierdie soort krisisse kom ook in die lewens van man en vrou, wat, as hulle nie deur die Gees van God beheers word nie, dieselfde koppige, onredelike gees aan die dag lê soos wat ons dikwels by kinders sien. Soos staal teen staal sal die stryd van wil teen wil wees.UG1 173.1

    My broeder wees vriendelik, lydsaam en lankmoedig. Onthou dat jou vrou jou geneem het as haar man en nie sodat jy oor haar kan heers nie, maar dat jy haar helper kan wees. Moet nooit hoogdrawend en soos ‘n diktator optree nie. Moet nie jou sterk wilskrag gebruik om jou vrou te dwing om te maak soos jy wil nie. Onthou dat sy ook ‘n wil het en dat sy miskien net so graag volgens haar wil wil handel as jy. Onthou ook dat jy weens jou rypere ondervinding die voorsprong oor haar het. Wees bedagsaam en hoflik. “Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.” Jak.3: 17.UG1 173.2

    Daar is een ding waaroor albei van julle die oorwinning moet behaal, en dit is die oorwinning oor ‘n koppige wil. In die oorwinning sal julle alleen deur die hulp van Christus kan behaal. Julle mag lank en swaar stry om self te oorwin, maar tensy julle hulp van omhoog ontvang, sal julle nie die oorwinning behaal nie. Maar deur die genade van Christus sal julle die oorwinning oor self en selfsug behaal. Namate julle soos Hy lewe; self op elke stap verloën en gedurig meer en meer medelyde betoon met diegene wat hulp nodig het, sal julle van oorwinning tot oorwinning gaan. Dag na dag sal julle beter leer hoe om self te oorwin en hoe om die swakhede in julle karakters te versterk. Die Here Jesus sal julle lig, julle krag, en julle kroon van blydskap wees, omdat julle julle wil aan Sy wil onderwerp.UG1 173.3

    As hulle Christus as Helper wil neem, sal manne en vroue die ideaal wat God vir hulle gestel het, bereik. Gee julleself geheelenal aan God oor. Die besef dat julle om die ewige lewe stry, sal julle versterk en vertroos. Christus kan aan julle die krag gee om te oorwin. Deur Sy hulp kan julle die wortel van selfsug heeltemal uitroei.UG1 174.1

    Christus het gesterf sodat die lewe van die mens met Sy lewe verenig kan word deur die verbintenis van die goddelike met die menslike. Hy het na ons wêreld gekom en die godmenslike lewe gelei, sodat die lewens van manne en vroue kan wees soos God dit bedoel het. Die Heiland roep julle om self te verloën en die kruis op te neem. As julle dit doen, sal niks die ontwikkeling van julle hele wese kan verhinder nie. Die daelikse ondervinding wat julle opdoen sal ‘n gesonde, harmonieuse lewe openbaar.UG1 174.2

    Onthou my liewe broeder en suster, dat God liefde is, en dat julle deur Sy genade daarin sal kan slaag om mekaar gelukkig te maak, soos julle ook in julle huweliksbelofte belowe het. En in die krag van die Verlosser kan julle met verstand en krag help om die verdraaide lewe van die een of ander sterweling reguit te maak in God. Wat is daar wat Christus nie kan doen nie? Hy is volmaak in wysheid, geregtigheid en liefde. Moenie met julleself voldaan wees, tevrede om julle liefde net aan mekaar te bestee nie. Neem elke geleentheid tebaat om die lot van diegene rondom julle te veraangenaam, en julle liefde ook aan hulle mee te deel. Vriendelike woorde, betonings van medelyde, betuigings van waardering, sal vir menige worstelende siel soos ‘n beker koue water aan dorstige lippe wees, ‘n Woordjie van aanmoediging, ‘n vriendelike daad, sal baie bydra om die laste te verlig wat so swaar druk op die neergeboë skouers van ander. Dit is in onsselfsugtige diens dat ons ware geluk vind. En elke woord en daad in daardie rigting word in die hemelse boeke aangeteken as aan Christus bewys. Christus het gesê: “Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringste van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Matt. 25: 40.UG1 174.3

    Woon in die sonskyn van die Heiland se liefde. Dan sal julle invloed ‘n seen vir die wêreld wees. Laat die Gees van Christus julle beheers. Laat die wet van vriendelikheid gedurig op julle lippe wees. Verdraagsaamheid en onselfsugtigheid kenmerk die woorde en dade van diegene wat wedergebore is en wat die nuwe lewe in Christus lei.UG1 175.1

    * * * * *

    “NIEMAND van ons leef vir homself nie.” Ons karakters sal uitkom. Die trek op die gesig, die buiging van die stem, die dade — almal het hulle invloed wat bydra tot die gluk of ongeluk van die huislike lewe. Hierdie dinge vorm die karakter van die kinders; óf hulle inspireer óf hulle vernietig vertroue en liefde. Die openbaring van hierdie trekke in die karakter maak mense of beter of slegter, of gelukkig of ongelukkig. Ons is dit aan ons gesinne verskuldig om die woord van God in ons praktiese lewe uit te lewe. Ons is dit aan ons gesinne versukldig om alles in ons vermoë te doen wat hulle sal reinig, verlig, vertroos en aanmoedig.UG1 175.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents