Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Persoonlike Verantwoordelikheid

    Die oorblyfsel van Gods volk moet bekeerde mense wees. Die prediking van hierdie boodskap moet as gevolg hê die bekering en heiligmaking van siele. Ons moet die krag van die Gees van God in hierdie beweging voel. Dis ‘n wonderlike en bepaalde boodskap hierdie; dit beteken alles vir die een wat dit aanneem, en dit moet met ‘n luide stem verkondig word. Ons moet ‘n opregte en blywende vertroue hê dat die boodskap in belangrikheid sal toeneem tot die einde.UG1 70.4

    Daar is sommige gelowiges wat sekere dele van die Getuienisskrifte aanneem as ‘n boodskap van God, terwyl hulle die dele verwerp wat sekere geliefkoosde dinge in hulle lewens veroordeel. Sulke mense werk teen hulle eie welsyn, asook dié van die kerk. Dit is noodsaaklik dat ons in die lig wandel terwyl ons die lig het. Diegene wat voorgee om in die gesondheidsleer te glo en tog die beginsels daarvan teenwerk deur hulle daelikse lewe, beskadig hulle eie siele, en laat ‘n verkeerde indruk in die harte van beide gelowiges en ongelowiges.UG1 71.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents