Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Dink Terug aan die Openbarings van Gods Genade

    Terwyl ons, nie die donker hoofstukke in ons lewe nie, maar die openbaring van die groot genade en bestendige liefde van God bepeins, sal ons veel meer lof laat hoor as klaagliedere. Ons sal praat van die getrouheid van God, die ware, tere, ontfermende herder van Sy kudde, waarvan Hy verklaar dat niemand hulle uit Sy hand sal ruk nie. Die taal van die hart sal nie uit selfsugtige klaagliedere en verkniesing bestaan nie. Lofbetuigings, soos helder vloeiende strome, sal van die ware gelowiges van God kom. “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.” “U sal my lei deur U raad en my daarna in heerlikheid opneem. Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.” Ps. 26:6; 73: 24, 25.UG1 49.3

    Waarom laat ons nie die geklank van ons geestelike liedere hoor op ons pelgrimsreis nie? Waarom keer ons nie terug tot die vorige eenvoud en ywer nie? Die rede waarom ons nie groter blydskap betoon nie, is omdat ons ons eerste liefde verloor het. Laat ons dan ywerig wees en ons bekeer, opdat ons kandelaar nie uit sy plek verwyder sal word nie. Die tempel van God in die hemel is geopen, en oor die drumpel daarvan skyn die heerlikheid vir elke gemeente wat God liefhet en Sy gebooie bewaar. Ons moet ondersoek, peins, en bid; dan sal ons geestelike insig ontvang om in die binneste voorhof van die hemelse tempel te sien. Ons sal die liedere en dankseggings van die hemelse koor rondom die troon hoor. Wanneer Sion ontwaak en sy lig laat skyn, sal sy lig baie deurdringend wees, en daar sal heerlike lofliedere en dankseggings gehoor word in die samekomste van die heiliges. Geklaag en murmurerings oor nietige teleurstellings en moeilikhede, sal ophou. Namate ons die goue oogsalf aansmeer, sal ons die gindse heerlikhede sien. Ons geloof sal die duistere skaduwee van Satan deurdring en ons sal sien hoedat ons Advokaat die wierook van Sy eie verdienste in onse belange offer. Wanneer ons dit sien soos die Here wil hê dat ons dit moet sien, sal ons ‘n besef kry van die grootheid en veelsydigheid van die liefde van God.UG1 50.1

    Die Here leer ons dat ons in Sy huis moet vergader om die hoedanighede van Sy volmaakte liefde aan te kweek. Dit sal die aardbewoners geskik maak vir die wonings wat Christus gaan berei het vir diegene wat Hom liefhet.UG1 50.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents