Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verantwoordelikheid vir Siele

    Wel mag almal ‘n persoonlike verantwoordelikheid in verband met hierdie werk voel, en die beste manier bedink waarop hy belangstelling kan gaande maak; want die wyse waarop die waarheid voorgestel word mag die lot van ‘n siel beslis. As hy ‘n goeie indruk maak, mag sy invloed ‘n reuk van die lewe tot die lewe wees; en daardie een persoon, verlig aangaande die waarheid, mag weer ander verlig. Daarom is dit gevaarlik om agtelosig te wees waar ons met harte te doen het.UG1 97.2

    Die kolporteerwerk is Gods middel om vele te bereik op wie die waarheid anders geen indruk sou maak nie. Dis ‘n goeie werk en die doel daarvan is edel; daarom moet die gedrag van diegene wat dit doen ook waardig wees. Die kolporteur sal alle soorte mense aantref. Hy sal in aanraking kom met diegene wat onkundig en verlaag is en wat niks sal waardeer as dit hulle nie geld in die sak kan bring nie. Hulle sal beledigend wees, maar hy moet hom nie daaraan steur nie. Sy goeie geaardheid moet hom nooit begeef nie; hy moet ‘n opgeruimde, hoopvolle houding inneem in alle moeilikhede. Hy sal mense ontmoet waar die dood ingetree het, wat ontmoedig en hartseer is. Hy sal baie geleentheid hê om vriendelike woorde, woorde van aanmoediging, hoop, en geloof tot hulle te spreek. Hy mag ‘n fontein wees wat ander sal verkwik as hy wil; dog ten einde dit te kan doen, moet hy self put uit die Bron van lewende waarheid.UG1 97.3

    Die kolporteerwerk is belangriker as wat baie meen, en daar moet net soveel wysheid en sorg bestee word aan die afsondering van werkers op hierdie gebied, as vir die evangeliebediening. Jong manne kan opgelei word om baie beter werk as tevore te doen, en teen ‘n kleiner salaris as wat baie ontvang het. Verhoog die peil; en laat diegene wat gewillig is om hulleself op te offer en te verloën, en wat God en hulle medemens lief het, aansluit by die korps van werkers. Laat hulle kom. Hulle moenie ‘n maklike tyd verwag nie, maar hulle moet dapper en vol moed wees te midde van afjakke en ontberings. Laat diegene kom wat ‘n goeie verslag kan gee van ons publikasies omdat hulle dit self op prys stel.UG1 98.1

    Mag die Here elkeen help om die talente wat hy ontvang het tot die uiterste toe te ontwikkel. Diegene wat vir hierdie saak werk ondersoek nie hulle Bybels soos hulle moet nie. As hulle dit sou doen, sou die praktiese onderrig hulle lewens beïnvloed het. Wat u werk ook al mag wees, liewe broeders en susters, doen dit asof u dit vir die Meester doen, en doen u beste. Moenie die teenwoordige guide geleenthede laat verbygaan nie, en u lewe laat misluk terwyl u in ledigheid sit en droom van sukses en gemak in ‘n werk waarvoor God u nooit toegerus het nie. Doen die werk wat naaste aan u is. Doen dit al is dit ook te midde van gevare en ontberings in die sendingveld; maar moet asseblief nie kla oor die ontberings en selfopofferinge nie.UG1 98.2

    Kyk na die Waldense. Kyk watter planne hulle nie gemaak het sodat die lig van die evangelie harte in duisternis kon bereik nie. Ons moenie werk in die verwagting dat ons in hierdie lewe ons loon sal ontvang nie, maar ons moet ons oë vestig op die prys aan die einde van die wedloop.UG1 98.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents