Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VEERTIEN—BUURTSENDINGWERK

    (Deel IX, bls. 30-42.)

    GOD verwag persoonlike diens van elkeen aan wie Hy die kennis van die waarheid vir hierdie tyd toevertrou het. Nie elkeen kan as ‘n sendeling na die vreemde gaan nie, maar iedereen kan ‘n sendeling in sy eie huis en in sy eie buurt wees. Daar is baie maniere waarop kerklede die boodskap aan mense rondom hulle kan bring. Een van die suksesvolste maniere is om hulpvaardige, onselfsugtige Christelike lewens te lei. Diegene wat die stryd van die lewe stry en met groot moeilikhede te kampe het, kan soms deur klein vriendskappies, wat niks kos nie, verkwik en versterk word. Vriendelike woorde in eenvoudigheid gespreek, klein attensies in eenvoudigheid bewys, sal die wolke van versoeking en twyfel wat hulle oor die siel saampak, verdryf. Die opregte uiting van Christelike medelyde, in eenvoudigheid betoon, het mag om die deur van die hart wat behoefte het aan die sagte aanraking van die Gees van Christus, oop te maak.UG1 111.1

    Christus neem, o so graag, elke menslike werktuig aan wat aan Hom oorgegee is. Hy bring die menslike in verbinding met die goddelike, ten einde aan die wêreld die geheime van die vleesgeworde liefde te kan meedeel. Praat daarvan, bid daaroor, sing daarvan, vul die wêreld met die boodskap van Sy liefde, en dring deur tot streke wat nog nie bewerk is nie.UG1 111.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents