Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Liefde Onder Broeders

    Karaktertrekke wat deur die volk wat die Here se gebooie bewaar, die meeste op prys gestel moet word, is geduld, lydsaamheid, vrede en liefde. As dit aan die liefde ontbreek, word ‘n onherroeplike verlies gely, want siele word van die waarheid verdryf selfs nadat hulle by die Here se kerk aangesluit het.UG1 287.4

    Ons broeders aan die hoof van sake wat groot invloed het, behoort die apostel Paulus se woord deur die Heilige Gees gespreek te onthou: “En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.” Rom. 15: 1-3 . Weer sê hy: “Broeders, as ‘n mens ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reg help met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” Gal. 6: 1, 2.UG1 287.5

    Dink daaraan dat ons werk behoort te wees om siele reg te help. Die werk moet nie op ‘n trotse, hooghartige of oorheersende manier gedoen word nie. Moenie deur jou houding die indruk gee: “Ek het die mag en ek sal dit gebruik,” en dan die sondaar oorweldig met beskuldigings nie. Help so iemand reg “met die gees van sagmoedigheid terwyl jy op jouself let dat jy ook nie versoek word nie.” Die werk wat ons opgelê is vir ons broeders, is nie om hulle van ons weg te dryf of hulle neer te druk en mismoedig te maak deur te sê, “Jy het my teleurgestel, en ek sal nie probeer om jou te help nie.”UG1 288.1

    Die een wat voorgee dat hy vol van wysheid en krag is en neersien op die verdruktes en benoudes en hulpbehoewendes, openbaar die gees van die Fariseër en wikkel hom in sy eie kleed van selfgemaakte waardigheid. In sy hart dank hy God dat hy nie soos ander mense is nie en dink hy dat sy eie weg prysenswaardig is en dat hy te sterk is om versoek te word. Maar “as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.” Gal. 6:3. Hy self verkeer gedurig in gevaar. Hy wat die nooddruf van sy broeder verontagsaam, sal deur die Voorsienigheid van God langs dieselfde weg gevoer word as wat sy broeder met versoekings en verdriet gegaan het en deur harde ondervinding sal hy geleer word dat hy net so hulpeloos en behoeftig is as die noodlydende wat hy afgewys het. “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” Gal. 6: 7.UG1 288.2

    “As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy ie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander syne. Want hierdie gesindheid moet in julle wees, wat ook in Christus Jesus was.” Fil. 2: 1-5.UG1 289.1

    Hoe nader ons aan Christus bly, hoe sagmoediger en nederiger en hoe meer selfwantrouend ons is, hoe vaster sal ons aan Christus klem en hoe groter sal die krag wees wat ons deur Christus sal ontvang om sondaars tot bekering te bring; want die menslike werktuig ontroer nie die siel nie. Hemelse wesens werk met die mens saam om mense onder die indruk van die waarheid te bring. As ons in Christus bly, sal ons in staat wees om ons invloed oor ander te laat geld; maar dit sal wees deur die teenwoordigheid van Christus wat gesê het: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matt. 28: 20. Die mag om Satan te oorwin kom deur Christus wat in ons werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.UG1 289.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents