Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK NEGEN-EN-TWINTIG—BEHANDELING VAN DIEGENE WAT ‘N FOUT BEGAAN HET

    (Deel V, bls. 615-617.)

    As ‘n broeder ‘n fout begaan het, moet sy broeders en susters nie onder mekaar fluister en ‘n kommentaar daarop lewer wat die fout nog groter sal laat lyk nie. Hierdie soort ding word baie gedoen, met die gevolg dat die misnoeë van God op diegene rus wat dit doen, en Satan is bly as hy diegene kan verswak wat sterk behoort te wees in die Here. Die wêreld sien hulle swakhede; en diegene wat die waarheid bely word geoordeel volgens hulle werke.UG1 195.1

    “Here, wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rond gaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.” Hier word aan die agterklapper die reg ontsê om op die heilige berg Sion te woon. Hy wat ‘n smaadrede uitspreek teen sy naaste dra nie die goedkeuring van God weg nie.UG1 195.2

    Hoe dikwels word predikante, terwyl hulle met ‘n goeie werk besig is waar siele tot God bekeer word, van hulle werk weggeroep om die een of ander geskil te besleg tussen broeders waar albei die partye verkeerd gehandel het en ‘n strydlustige en onverdraagsame gees aan die dag gelê het.UG1 195.3

    Keer op keer is werkers van hulle werk weggeroep om hierdie soort sake te kom besleg. Dit is maar net ’n slim plan van die groot vyand van die mens om die werk van God te verhinder. As siele wat op die punt staan om die waarheid aan te neem, op hierdie wyse alleen gelaat word in ongunstige omstandighede, verloor hulle hulle belangstelling, en dit is baie selde dat daar weer so ‘n diepe indruk op hulle kan gemaak word. Satan is gedurig besig met die een of ander plan om die predikant op ‘n kritieke oomblik van sy werk weg te roep sodat al sy werk tevergeefs kan wees.UG1 195.4

    In die kerk is daar ontoegewyde en onbekeerde manne en vroue wat meer op hulle waardigheid en die handhawing van hulle eie opinies gesteld is as op die saligheid van hulle medemens; en Satan werk deur sulke mense om moeilikhede te veroorsaak wat die tyd en krag van die predikante in beslag neem, met die gevolg dat baie siele verlore gaan.UG1 196.1

    Terwyl daar verdeeldheid onder kerklede heers, is hulle harte verhard en onvatbaar vir geestelike indrukke. Die pogings van die predikant om die vrede te herstel is soos hammerslae op koue yster, en die verskillende partye word nog koppiger as ooit. In sulke gevalle verkeer die predikant in ‘n baie moeilike posisie, want al tree hy ook hoe versigtig op, kan sy uitspraak tog nie alle partye tevrede stel nie, en sodoende word die partygees versterk.UG1 196.2

    As die predikant b.v. sy intrek by een gesin neem, verwek dit gewoonlik die jaloesie van ander gesinne, wat hulle meen dat die predikant ongunstige dinge van hulle sal hoor. As die predikant raad gee, is daar diegene wat sal sê: “Iemand het iets in sy oor gefluister,” en daarom help sy advies gewoonlik niks. As gevolg hiervan ontstaan daar agterdog en bose verdinkings in hulle harte, en die predikant word oorgelaat aan die genade van hulle vooroordeel en jaloesie. En te dikwels laat hy sake in ‘n erger toestand as wat hy hulle gevind het. As hy sou geweier het om te luister na die eensydige verklarings van die klaers, en as hy hulle van raad sou bedien het volgens die Bybelse reël en soos Nehemia sou sê: “Ek doen ‘n groot werk sodat ek nie kan afkom nie,” sou dit baie beter vir die kerk gewees het.UG1 196.3

    Predikante en leke mishaag God as hulle toelaat dat gemeentelede hulle vertel van die foute en gebreke van hulle broeders. Hulle moet weier om na sulke rapporte te luister, en hulle moet aan die nuusdraers vra: Het julle die voorskrifte van die Heiland nagekom? Het julle na julle broeder gegaan en hom onder vier oë vertel van sy foute? En het hy geweier om te luister? Het julle daarna twee of drie ander saam met julle geneem in alle sagmoedigheid, ootmoed, verdraagsaamheid en met ‘n hart vol liefde met julle broeder gearbei? As die reels wat die Heiland neergelê het in gevalle waar ‘n broeder teen ons sondig, stip uitgevoer is, dan kan die volgende stap geneem word: die saak kan voor die kerk gebring word en die gemeente moet dan handel volgens die Skrifte. As die aangeklaagde persoon dan nog nie wil luister nie en die kerk plaas hom onder sensuur, sal die hemel daardie beslissing goedkeur. As hierdie stappe nie gedoen is nie, moet die predikant nie luister na klagtes teen gemeentelede nie. En as niemand wil luister na die klagtes nie, sal die tonge wat kwaad spreek gou stil word; want hulle sal nie kan voortgaan met hulle werk om ander te byt en op te eet nie.UG1 197.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents