Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Wat Onontbeerlik is vir Suksesvolle Werk

    Almal wat vir God werk moet van die eienskappe van Martha sowel as die van Maria in hulle karakters hê gewilligheid om te werk, asook ‘n opregte liefde vir die waarheid. Self en selfsug moet op die agtergrond gestel word. God vra om ernstige vrouewerkers, wat verstandig, medelydend en teerhartig is en wat getrou is aan beginsels. Hy vra om volhardende vrouens wat nie aan self of hulle eie gemak sal dink nie, wat hulle oë op Christus sal vestig, woorde van waarheid sal spreek, wat saam sal bid met die persone wat hulle besoek en wat sal werk vir die bekering van siele.UG1 126.1

    O, watter verskoning het julle my susters, dat julle nie soveel tyd moontlik bestee aan ‘n ondersoek van die Skrifte om die heerlike waarhede in julle harte op te gaar sodat julle dit weer kan meedeel aan diegene wat nie belangstel in die waarheid nie? Sal ons susters in die bresse tree? Sal hulle vir die Meester werk?UG1 126.2

    * * * * *

    ’N SUSTER wat vir die saak van die waarheid werk kan harte bereik, veral onder die susters, wat die predikant nie kan bereik nie. Daar rus ‘n verantwoordelikheid op die vrou van die predikant wat sy nie lig van haar kan skuif nie. God sal rekenskap vra, met rente, van die talent wat Hy aan haar gegee het. Sy behoort ernstig en getrou saam te werk met haar eggenoot in die redding van siele. Sy moet nooit haar eie wense en begeertes voorrang gee of gebrek aan belangstelling toon waar dit die werk van haar man geld nie; en waar hulle op vreemde plekke werk, moet sy nooit toegee aan heimwee of ontevredenheid nie. Al hierdie natuurlike gevoelens moet oorwin word. Sy moet ‘n onwrikbare lewensdoel hê, al sou dit soms in botsing kom met haar eie gevoelens en begeertes. Al hierdie dinge moet gewillig opgeoffer word ten einde goed te doen en siele te red.—Deel I, bl. 452.UG1 126.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents