Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ons Voorbeeld

    Die werk van Christus moet vir ons as voorbeeld dien. Hy het gedurig rondgegaan en goed gedoen. In die tempel en in die sinagoges, op die strate van die dorpe, op die markplaas en in die werkswinkel, by die see en op die berge, het Hy die evangelie gepreek en die siekes genees. Sy lewe was ‘n lewe van onbaatsugtige diens, en dit behoort ons handboek te wees. Sy tere, ontfermende liefde bestraf ons selfsugtigheid en gevoelloosheid.UG1 112.2

    Waar Christus ook al gegaan het, het Hy seëninge op Sy pad verstrooi. Hoeveel van dié wat voorgee om in Hom te glo, het van die lesse van vriendelikheid, tere ontferming en onbaatsugtige liefde geleer? Hoor Hom waar Hy die swakkes, die vermoeides, en hulpeloses toespreek, “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Matt. 11: 28. Sy geduld was nooit uitgeput, en Sy liefde het Hy nooit onderdruk nie.UG1 112.3

    Christus roep ons om geduldig en volhardend te arbei vir die duisende verloregaandes, in alle lande versprei soos skepe wat skipbreuk gely het op ‘n verlate en woeste strand. Diegene wat deel het aan die heerlikheid van Christus moet ook deel hê aan Sy diens en hulle moet die swakkes, ellendiges en moedeloses help.UG1 112.4

    Laat diegene wat hierdie werk op hulle neem, die lewe van Christus gedurig bestudeer. Laat hulle ernstig wees en alle bekwaamheid wat hulle het aan Sy diens bestee. Elke opregte, onselfsugtige poging sal heerlike gevolge hê. Die arbeiders sal die beste moontlike opleiding van hulle groot Leraar ontvang. Maar hulle wat die lig wat hulle ontvang het nie aan ander meedeel nie, sal eendag besef dat hulle ‘n vreeslike verlies gely het.UG1 112.5

    Mense het geen reg om te dink daar ‘n end sal kom aan die pogings wat hulle moet aanwend om siele te red nie. Het Christus ooit moeg geword van Sy werk? Het Hy ooit teruggedeins vir opoffering en ontbering? Kerklede moet dieselfde aanhoudende en volhardende pogings aanwend as Christus. Hulle moet gedurig bereid wees om volgens die bevele van die Meester te handel. Waar daar ook werk is om te doen, moet ons dit aanpak en doen met ons oë steeds op Jesus gevestig. As ons kerklede hierdie gebod sou gehoorsaam, sou daar honderde siele vir Jesus gewin word. As elke kerklid ‘n lewende sendeling was, sou die evangelie spoedig in alle lande, aan alle volke geslagte en tale verkondig word.UG1 113.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents