Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Seen van Rentmeesterskap

    In die opdrag van Christus aan Sy dissipels: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom,” het Hy aan die mens die werk gegee om Sy genade bekend te maak. Maar terwyl sommige uitgaan om te preek, roep Hy ander om te gee vir die uitbreiding van Sy saak op die aarde. Hy het middele in die hande van mense geplaas sodat Sy goddelike gawes deur menslike kanale kan vloei vir die onderhouding van die werk om die siele van hulle medemens te red. Dit is een van die maniere waardeur God die mens ophef. Dit is juis die werk wat die mens nodig het; want dit sal die diepste snare van sy hart aanroer en hom daartoe bring om die beste vermoëns van sy verstand te lewer.UG1 148.1

    Alle goeie dinge wat op die aarde is, is deur die mildadige hand van God daar geplaas as ‘n bewys van Sy liefde vir die mens. Die armes behoort aan Hom, en die onderhouding van die godsdiens behoort ook aan Hom. Die goud en die silwer behoort aan die Here; en Hy kan hierdie dinge van die hemel laat reent as Hy dit sou verkies. Maar in stede daarvan het Hy die mens aangestel as Sy rentmeester, en middele aan hom toevertrou, nie om opgegaar te word nie, maar om te gebruik tot seen van ander. Hy het die mens dus die medium gemaak deur wie Hy Sy seëninge op die aarde kan uitstort. God het die weldadigheid ingestel sodat die mens soos sy Skepper kan word, weldadig en onselfsugtig, en eindelik ‘n deelnemer met Christus in die ewige loon.UG1 148.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents