Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vleis

    As ons enige voordeel kon trek deur aan die lus vir vleis toe te gee, sou ek nie hierdie beroep op u maak nie; maar ek weet ons kan nie. Vleis is nadelig vir die liggaamlike welsyn, en ons moet leer om daarsonder klaar te kom. Diegene wat in staat is om ‘n vegetariese diëet te hê, maar verkies om aan hulle eie begeertes toe te gee, en eet en drink soos hulle wil, sal stadigaan onverskillig word ten opsigte van die onderrig wat God gegee het op ander punte van die teenwoordige waarheid; hulle sal hulle begrip van wat waarheid is, verloor, en hulle sal sekerlik maai wat hulle gesaai het.UG1 73.1

    Ek is gelas om te sê dat studente in ons skole, nie van vleis, of kos wat nadelig is, bedien mag word nie. Niks wat die lus vir prikkelende dinge gaande maak, moet op tafel gesit word nie. Ek doen ‘n beroep op oumense, jongmense en diegene van middelbare leeftyd: Ontsê u aptyt die dinge wat u benadeel. Dien die Here deur opofferings te maak.UG1 73.2

    Laat die kinders ‘n intelligente deel aan hierdie werk neem. Ons is almal lede van die gesin van die Here, en Hy wil hê dat Sy kinders, oud en jonk, ‘n vaste besluit sal neem om hulle aptyt te verloën sodat hulle as gevolg daarvan geld kan opspaar vir die oprigting van vergadersale en die ondersteuning van sendelinge. Ek is gelas om aan ouers te sê: “Stel uself, siel en gees, aan die kant van die Here in hierdie saak. Ons behoort gedurig voor oë te hou dat ons gedurende hierdie genadetyd op die proef gestel word voor die Here van die heelal. Sal u nie die gebruike opgee wat u kwaaddoen nie? Dit kos niks om met die mond te bely nie; laat u dade van selfverloëning getuig dat u gehoorsaam sal wees aan die eise wat God aan Sy eie volk stel. Bring dan in die skatkis ‘n deel van die geld wat u deur selfverloëning opgespaar het, en daar sal middele wees om die werk van God voort te sit.”UG1 73.3

    Daar is baie wat voel dat hulle nie sonder vleis kan klaarkom nie; maar as hulle hulleself aan die kant van die Here sal stel, vasberade om Sy leiding te volg, sal hulle krag en wysheid ontvang soos Daniel en sy vriende. Hulle sal vind dat die Here hulle met gesonde oordeel sal bedeel. Baie sal verbaas staan as hulle sien hoeveel werklik bespaar kan word vir die saak van die Here deur dade van selfverloëning. Die klein bedraggies wat deur opoffering bespaar word, sal meer bydra tot opbouing van die saak van God as die groter gifte wat nie selfverloëning geverg het nie.UG1 74.1

    Sewende-dag Adventiste het te doen met waarhede van die allergrootste belang. Meer as veertig jaar gelede het die Here ons spesiale lig gegee in verband met gesond-heidshervorming, maar hoe wandel ons in hierdie lig? Hoeveel het nie geweier om ooreenkomstig die raad van God te wandel nie! As ‘n volk behoort ons vordering te maak volgens die lig wat ons ontvang het. Dis ons plig om die beginsels van gesondheidshervorming te verstaan en te respekteer. Op die gebied van matigheid behoort ons op die voorpunt te staan; en tog is daar onder ons goedtoegeligte gemeentelede, en selfs ook predikante wat maar min respek het vir die lig wat God ons in hierdie verband gegee het. Hulle eet soos hulle wil, en werk soos hulle wil.UG1 74.2

    Laat diegene wat leiers en leraars is in ons saak ‘n vaste Bybelse standpunt inneem in verband met gesond-heidshervorming, en die saak in onomwonde taal voorstel aan diegene wat glo dat ons in die laaste dae van hierdie wêreld woon. Daar moet ‘n skeidingslyn getrek word tussen diegene wat God dien en dié wat self dien.UG1 74.3

    Aan my is getoon dat die beginsels wat aan ons toevertrou is in die begin, nog net so belangrik is en vandag net so stip nagekom moet word as dit destyds was. Daar is sommige wat nog nooit aggeslaan het op die lig in verband met die diëetkwessie nie. Dis nou tyd om die lig onder die koringmaat uit te haal, en om dit met helder strale te laat skyn.UG1 74.4

    Die beginsels in verband met gesondheid is van groot betekenis vir ons as volk en indiwidue. Toe die boodskap in verband met gesondheidshervorming die eerste maal tot my gekom het, was ek swak en kragteloos, en onderhewig aan floutes. Ek het tot God gebid om hulp, en Hy het voor my die groot onderwerp van gesondheidshervorming ontsluier. Hy het my daarop gewys dat diegene wat Sy gebooie hou in ‘n heilige verhouding tot Hom moes staan, en deur matigheid in voedsel en drank moet hulle hulle verstand en liggaam in die beste toestand vir diens bewaar. Hierdie lig was my tot groot seën. Ek het my plek ingeneem as gesondheidshervormster, wetende dat die Here my sou krag gee. Ek geniet vandag beter gesondheid, nieteenstaande my ouderdom, as wat ek in my jong dae geniet het.UG1 74.5

    Daar word deur sommige beweer dat ek nie die beginsels van gesondheidshervorming, soos deur my voorgestaan, uitgeleef het nie; maar ek kan sê dat ek ‘n getroue gesondheidshervormster was. Die lede van my huisgesin weet dat dit die waarheid is.UG1 75.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents