Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Ervaring van Henog

    Van Henog word gesê dat hy vyf-en-sestig jaar geleef het toe hy die vader van ‘n seun geword het; daarna het hy driehonderd jaar met God gewandel. Gedurende daardie eerste jare, het Henog God gevrees en liefgehad, en Sy gebooie onderhou. Maar ná die geboorte van Sy seun, het hy ‘n ryker ondervinding opgedoen; hy het tot ‘n inniger gemeenskap met God gekom. Toe hy die kind se liefde vir sy vader en sy kinderlike vertroue in sy beskerming sien, en toe hy die diepe en tere verlange van sy eie hart tot sy eersgeborene gevoel het, het hy ‘n kosbare les geleer van die wonderlike liefde van God vir die mens in die gawe van Sy Seun, en ook van die vertroue wat die kinders van God in hulle hemelse Vader mag stel. Die eindelose, onpeilbare liefde van God in Christus het die onderwerp van sy oorpeinsing geword, dag en nag. Met al die ywer van Sy siel het hy getrag om die liefde van God aan die mense onder wie hy gewoon het, te openbaar.UG1 23.3

    Dit was nie slegs in tye van ekstase of wanneer hy ‘n gesig gehad het dat Henog met God gewandel het nie, maar in al die pligte van sy daelikse lewe het hy met God gewandel. Hy het nie ‘n kluisenaar geword, heeltemal afgesonder van die wêreld nie, want hy het ‘n werk gehad om te doen vir God. In sy huislike lewe, in sy omgang met mense, as eggenoot en vader, as vriend en burger, was hy ‘n standvastige, onwankelbare dienskneg van God.UG1 24.1

    Met verloop van die eeue het sy geloof sterker, en sy liefde vuriger geword. Vir hom was die gebed soos die asem van sy siel. Hy het in ‘n hemelse atmosfeer gelewe.UG1 24.2

    Namate die toekoms vir hom ontsluier was, het Henog ‘n prediker van geregtigheid geword en die boodskap van God gebring aan almal wat die woorde van waarskuwing wou hoor. In die land waar Kain getrag het om van die aangesig van God weg te vlug, het die profeet van God die wonderlike tonele wat aan hom in gesigte geopenbaar is, bekendgemaak. “Kyk,” het hy gesê, “Die Here het gekom met Sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het.” Judas 14, 15.UG1 24.3

    Die krag van God wat meegewerk het met Sy dienskneg is gevoel deur diegene wat gehoor gegee het. Sommige het aggeslaan op die waarskuwing, en hulle sondes versaak; maar die meerderheid het die plegtige boodskap bespot. Die diensknegte van God moet ‘n dergelike boodskap aan die wêreld bring in die laaste dae, en dit sal ook met ongeloof en bespotting begroet word.UG1 24.4

    Namate die jare verbygegaan het, het die skuld van die mens groter en groter geword, en die wolke van die goddelike oordeel het digter en digter saamgepak. Dog Henog, die geloofsgetuie, het voortgegaan om te waarsku, te pleit, te leer, en te strewe om die vloedgolf van skuld en die grimmigheid van God te keer.UG1 24.5

    Die mense van daardie geslag het gelag vir die dwaasheid van die een wat nie gesoek het om goud en silwer en rykdom in hierdie lewe te versamel nie. Maar die hart van Henog was op ewige skatte. Hy het die Godstad gesien. Hy het die Erekoning in Sion gesien. Hoe groter die ongeregtigheid, hoe vuriger was sy verlange na die woonplaas van God. Terwyl hy nog op aarde was, het hy deur geloof in die ryk van lig gewoon.UG1 24.6

    “Salig is die wat rein is van hart want hulle sal God sien.” Matt. 5: 8. Vir driehonderd jaar lank het Henog gesoek na reinheid van hart, sodat hy in ooreenstemming met die hemel kon wees. Vir drie eeue lank het hy met God gewandel. Dag na dag het hy verlang om die band nouer te maak; inniger en steeds inniger het die gemeenskap geword, totdat God hom opgeneem het. Hy het op die drumpel van die ewigheid gestaan, met net een tree tussen hom en die land van die geseëndes; en nou het die poorte oopgeswaai en die wandeling met God, so lank hier op die aarde volgehou, is voortgesit, en hy is deur die poorte van die heilige stad — die eerste een onder die mense om daar in te gaan.UG1 25.1

    “Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie. . . . Want vóór sy wegneming het hy die getuienis ontvang dat hy God behaag het.” Heb. 11:5.UG1 25.2

    God roep ons tot sulke gemeenskap. Soos die heiligheid van Henog was, moet ook die karakter wees van diegene wat deur die Here sal verlos word by Sy tweede koms.UG1 25.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents