Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Heilige Plig

    Die tiendes is heilig aan God. Dit moet in Sy skatkis gestort word vir die onderhoud van evangeliedienaars. Vir ‘n lang tyd al word die Here beroof omdat daar diegene is wat nie besef dat die tiendes aan God behoort nie. Sommige het ontevrede geword en gesê: “Ek sal nie langer my tiende betaal nie, want ek het geen vertroue in die manier waarop sake in die werk bestuur word nie.” Maar sal u die Here beroof omdat u dink dat sake nie reg bestuur word nie? Dien u klagte openlik in, in die regte gees en by die regte persone. Dien u versoek in vir die behoorlike bestuur van sake, maar moet u nie onttrek van die werk van God en ontrou wees net omdat ander nie reg handel nie.UG1 142.4

    Lees die derde hoofstuk van Maleagi sorguvldig en let op wat God van die tiendes sê. As ons gemeentes op Gods woord sou staan en getrou sou wees om die tiendes in Sy skatkis te stort, sou dit meer werkers aanmoedig om die evangeliebediening op te neem. Meer mense sou die evangelie werk opneem as hulle nie gedurig moet hoor dat die kas leeg is nie. Daar behoort genoeg middele te wees in die Here se skatkis, en daar sal ook genoeg wees as dit nie was dat selfsugtige harte en hande die tiendes terughou, of dit gebruik vir ander soorte werk nie.UG1 143.1

    Die middele wat aan God behoort moet nie op so ‘n onverskillig wyse gebruik word nie. Die tiendes behoort aan die Here en diegene wat hulle daarmee bemoei, sal gestraf word deur die verlies van hulle skat in die hemel as hulle hulle nie bekeer nie. Die werk moenie langer gestrem word omdat die tiendes vir ander doeleindes gebruik word as dié wat God voorgeskryf het nie. Daar moet ander voorsiening gemaak word vir daardie werk. Daardie werk moet onderhou word, maar nie uit die tiendes nie. God het nie verander nie; die tiendes moet nog gebruik word vir die onderhouding van die evangeliebediening. Die binnedringing van nuwe arbeidsvelde verg meer werkers as wat ons tans het, en daarom moet daar geld in die kas wees.UG1 143.2

    Op diegene wat die evangeliebediening opgeneem het, rus daar ‘n plig wat, vreemd genoeg, verwaarloos word. Sommige is lief om te preek, maar hulle bearbei nie die kerklede persoonlik nie. Die gemeentes het groot behoefte aan onderrig aangaande hulle verpligtings teenoorGod, veral in verband met die eerlike betaling van hulle tiendes. Ons predikante sou baie verontreg voel as hulle nie gereëld hulle salaris ontvang nie; maar dink hulle ooit daaraan dat daar middele in die skatkis van God moet wees om die werkers mee te betal? As hulle hulle plig nalaat om die gemeentelede te leer dat hulle getrou moet wees in die betaling van Gods deel, sal daar nie genoeg middele in die skatkis wees om Gods werk voort te sit nie.UG1 143.3

    Die opsigter oor die kudde van die Here moet getrou wees in die nakoming van sy pligte. As hy die werk nalaat vir ander om te doen omdat hy meen dat dit onaangenaam is, is hy nie ‘n getroue werker nie. Laat hom die beskuldiging van God in Maleagi lees waar die Here die volk beskuldig dat hulle Hom beroof het omdat hulle nie hulle tiendes betaal het nie. Die almagtige God sê, “Met die vloek is julle belaai.” Mal. 3:9. As die een wat in die woord en leer arbei, sien dat die volk ‘n verkeerde weg inslaan wat die vloek op hulle sal bring, hoe kan hy dan sy plig versuim om hulle reg te help en te waarsku? Elke kerklid behoort daarop gewys te word dat hy getrou moet wees in die betaling van sy tiendes.UG1 144.1

    “Bring al die tiendes na die skathuis, sodat daar spyse in My huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.” Mal. 3: 10.UG1 144.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents