Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Woord Moet in die Lewe Opgeneem Word

    Die Woord moet in die lewe en karakter opgeneem word van diegene wat dit glo. Die enigste lewende geloof is die geloof wat die waarheid inneem totdat dit ‘n deel van die wese en die dryfkrag van die lewe word. Jesus word die Woord van God genoem. Hy het Sy Vader se wet aangeneem en die beginsels daarvan uitgeleef. Hy het die gees daarvan getoon en die voordeel daarvan in die hart gewys. Johannes sê, “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos die van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.” Die navolgers van Christus moet dieselfde ondervinding deurmaak as Hy. Hulle moet die Woord van God inneem. Hulle moet in die gelykenis daarvan verander word deur die krag van Christus, en die goddelike eienskappe, weerkaats. Hulle moet die vlees eet en die bloed drink van die Seun van God, of daar sal geen lewe in hulle wees nie. Die gees en werk van Christus moet die gees en werk word van Sy dissipels.UG1 63.3

    Dit is nie genoeg om die waarheid te verkondig nie; dit moet uitgeleef word. Christus moet in ons bly, en ons in Hom, ten einde die werk van God te werk. Elkeen moet ‘n eie ondervinding he en persoonlike pogings aanwend om siele te bereik. God verwag van elkeen dat hy al sy kragte aan die werk sal bestee, en dat hy homself deur volharding sal leer om aanneenlike diens te verrig. Hy verwag van elkeen dat hy die genade van Christus in sy hart sal bring, sodat hy ‘n helderskynende lig in die wêreld kan wees.UG1 64.1

    As Gods werkers al hulle kragte deeglik sou beoefen, kan hulle met verstand arbei, in alle wysheid, en God sal sekerlik hulle pogings om hulle medemens op te hef, te verfyn, en te red, bystaan. Al die werkers moet takt gebruik en hulle vermoëns onder die beheersende invloed van die Gees van God stel. Hulle moet dit hulle besigheid maak om Sy Woord te ondersoek en die stem van God uit Sy lewende Woord te hoor, wat hulle vermaan, onderrig en bemoedig; en Sy Gees sal hulle versterk, sodat hulle, as Sy werkers, op godsdienstige gebied kan vordering maak. Sodoende sal hulle stap vir stap gelei word tot groter hoogtes sodat hulle blydskap volkome kan wees.UG1 64.2

    Terwyl hulle besig is met die werk wat God hulle gegee het, sal hulle geen tyd vind en geen lus hê om hulleself te verheerlik nie; ook sal hulle geen tyd vind om te kla of te murmureer nie, want hulle sal die dinge bedink wat bo is, en nie wat op die aarde is nie. Hart, siel en liggaam sal in die diens van die Meester gestel word. Hulle arbeid sal nie selfsugtig wees nie, maar hulle sal hulleself om Christus ontwil verloën. Hulle sal Sy kruis verhef, want hulle is Sy ware dissipels. Hulle sal daeliks teer op die dierbare waarhede van Gods Woord en sal sodoende krag ontvang vir diens en versterk word teen versoeking. Op hierdie wyse sal hulle tot sterk, goedontwikkelde manne en vroue in Christus opwas. Hulle sal dan ware seuns en dogters van die hemelse Koning wees.UG1 65.1

    Die waarheid wat hulle lief het en betrag, sal hulle verstand ontwikkel, hulle karakter verhef en hulle oordeelkundigheid versterk. Hulle sal nie nuwelinge wees in die groot werk om siele te win nie, want hulle arbei in die wysheid wat God hulle gee. Ook sal hulle nie dwergies in die godsdienstige lewe wees nie, maar hulle sal opwas in Christus, hulle lewende Hoof, tot die voile gestalte van manne en vroue in Christus Jesus. Die stryd met die vyand van die waarheid sal dien om hulle hoop te versterk, en hulle sal heerlike oorwinnings hê, omdat hulle die hulp inroep van die magtige Helper wat nooit die een wat ootmoedig om hulp smeek, sal teleurstel nie. As hulle pogings suksesvol is, word al die heerlikheid aan God gegee. Hemelse wesens sal medelyde met hulle betoon en met hulle saamwerk. Hulle word inderwaarheid ‘n skouspel gemaak vir die engele sowel as vir die mense. Daar word op hulle gelet omdat hulle rein van hart en lewe is en omdat hulle standvastig en bruikbaar in die saak van God is. Hulle is Gods edelmanne.UG1 65.2

    In die godsdienstige lewe van almal wat uiteindelik oorwin, sal daar tye van heftige beproewing en moeilikheid kom; dog hulle kennis van die Skrifte sal hulle help om die bemoedigende beloftes van God te onthou wat hulle hart sal vertroos en hulle geloof in die Magtige Een sal versterk. Hulle lees, “Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie;” “Sodat die beproefdheid van julle geloof wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle liefhet al het julle Hom nie gesien nie; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met onuitspreeklike en heerlike blydskap.”UG1 65.3

    Die beproewing van geloof is baie kosbaarder as goud. Almal behoort te leer dat dit deel uitmaak van die dissipline van die skool van Christus wat onontbeerlik is om hulle te reinig en te louter van die skuim van die aarde. Hulle moet die belediging en die aanvalle van vyande met volharding verduur, en al die struikelblokke oorkom wat Satan in hulle weg stel om hulle pad te versper. Hy sal trag om hulle daartoe te bring om gebed op te gee en hulle te beweeg om nie die Skrifte te ondersoek nie; en hy sal sy haatlike skaduwee oor hulle pad laat val om Christus en die aantreklike dinge van die Here vir hulle oë te verberg.UG1 66.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents