Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK DERTIEN—DIE LEKE MOET UITGAAN

    (Deel VIII, bls. 244-246.)

    DAAR rus ‘n veel groter werk op die kerklede as wat hulle besef. Hulle besef nie die eise van God nie. Die tyd het aangebreek om alle middele aan te wend wat kan help om ‘n volk voor te berei om in die groot dag van God te staan. Ons moet wakker wees en nie toelaat dat daar kosbare geleenthede verbygaan nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om siele tot die liefde van God en die onderhouding van Sy gebooie te bring. Jesus eis dit van diegene wat die waarheid ken. Is Sy eis onredelik? Het ons nie die lewe van Christus as ons voorbeeld nie? Is ons nie aan die Heiland liefde, en ernstige, onselfsugtige arbeid verskuldig vir die redding van diegene vir wie Hy gesterf het nie?UG1 108.1

    Baie van die lede van ons groot kerke doen feitelik niks nie. Hulle kon goeie werk gedoen het as hulle, in plaas van almal op een plek saam te drom, na plekke sou gaan wat nog nie met die waarheid binnegedring is nie. Bome wat te dig opmekaar geplant is, vorder nooit nie. Hulle word deur die landman uitgeplant, sodat hulle kan ruimte hê om te groei, en nie verpot en sieklik grootword nie. Dieselfde reel kan met voordeel toegepas word op ons groot gemeentes. Baie van die lede is sterwende op geestelike gebied juis omdat hulle nie hierdie soort werk doen nie. Hulle word sieklik en ongeskik; maar as hulle uitgeplant is sal hulle ruimte hê om sterk en gesond op te was.UG1 108.2

    Dis nie die plan van God dat Sy volk in gemeenskappe sal saamwoon nie. Christus se dissipels is Sy verteenwoordigers op aarde, en dis die doel van God dat hulle uitmekaar sal woon op die platteland, en in die dorpe en stede, soos ligte in die duisternis van die wêreld. Hulle moet sendelinge wees vir God, en deur hulle geloof en werke moet hulle getuig van die spoedige koms van die Verlosser.UG1 108.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents