Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Moed, Geloof, en Liefde Nodig

    Onder diegene wat voorgee om die teenwoordige waarheid te glo is daar nie ‘n sendinggees volgens ons geloof nie. Die klank van ware goud word in die karakter gemis. Daar is meer aan die Christelike lewe verbonde as wat hulle reken. Dit bestaan nie net uit blote sagmoedigheid, lankmoedigheid, nederigheid, en vriendelikheid nie. Hierdie eienskappe is onontbeerlik, maar daar is ook behoefte aan moed, krag, energie, en volharding. Baie wat die kolporteerwerk opneem is swak, sonder ruggegraat, sonder geesdrif, en word maklik ontmoedig. Hulle het geen durf nie. Hulle het nie daardie positiewe karaktereienskappe wat mens krag gee om iets te verrig nie — die gees en energie wat entoesiasme laat opflikker nie. Die kolporteur doen ‘n eerlike werk, en hy behoort nie te handel asof hy daarvoor skaam is nie. As hy wil hê dat sukses sy pogings moet bekroon, moet hy moedig en hoopvol wees.UG1 96.1

    Die positiewe deugde moet ontwikkel word sowel as die negatiewe. Die Christen, terwyl hy gedurig klaar is om die sagte antwoord te gee wat die grimmigheid afkeer, moet ook die moed van ‘n held besit om die boosheid te weerstaan. Met die liefde wat alles verdra moet hy daardie sterk karakter hê wat sy invloed ten goede sal laat geld. Hy moet geloof aankweek in sy karakter. Hy moet vaste beginsels hê; hy moet ‘n edele gees hê, sonder die minste beduidenis van gemeenheid. Die kolporteur moet nie deur eiewaan opgeblaas wees nie. Waar hy met ander omgaan, moet hy homself nie op die voorgrond stel deur van homself groot te praat nie, want deur so ‘n handelwyse sal hy intelligente, verstandige mense stuit. Hy moet nie selfsugtig wees nie, en ook nie aanmatigend en baasspelerig nie.UG1 96.2

    Baie het tot die besluit gekom dat hulle geen tyd het om eers een van die tienduisend boeke te lees wat uitgegee is nie. En in baie gevalle waar die kolporteur sy besigheid bekend maak, gaan die deur van die hart dig toe; daarom is dit so uiters noodsaaklik dat hy met takt en ‘n nederige, biddende gees te werk moet gaan. Hy behoort goed bekend te wees met Gods Woord, en moet beskik oor woorde wat die kosbare waarheid verduidelik, en die groot waarde van die boeke wat hy aanbied, kan aantoon.UG1 97.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents