Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verkondig die Waarheid met Sagmoedigheid

    Die waarheid moet met goddelike tak, sagmoedigheid en tederheid voorgedra word. Dit moet voortvloei uit ‘n hart wat week en medelydend is. Ons behoort in noue gemeenskap met God te lewe, opdat die eie ek nie soos in Jehu, sigself verhef nie en ons ‘n stroom onbetaamlike woorde uiter wat nie soos die moredou of die sagte reëns die verwelkte plante verkwik nie. As ons siele wil win, moet ons woorde liefderyk wees. Die Here sal wysheid wees vir diegene wat van die goddelike bron die wysheid verlang.UG1 289.3

    Ons behoort aan alle kante geleenthede te soek om te werk; ons moet waak in die gebed en altyd bereid wees om met sagmoedigheid en vrees verantwoording te doen aan elkeen omtrent die hoop wat in ons is. Opdat ons op geen siel vir wie Christus gesterwe het, ‘n ongunstige indruk sal nalaat nie, behoort ons ons harte op te hef tot die Here, sodat ons die gepaste woord op die regte tyd kan spreek na die omstandighede vereis. As u op die manier werk vir God onderneem, sal die Gees van God u helper wees. Die Heilige Gees sal die woorde wat in liefde gespreek is, bekragtig. Die waarheid sal ‘n lewendmakende krag hê onder die invloed van Christus se genade.UG1 290.1

    Die Here se doel is om eers die hart te bereik. Spreek die waarheid en laat Hom dan die hervormingswerk in die hart voortsit. Maak geen melding van wat teenstanders sê nie, maar laat die waarheid alleen bevorder word; die waarheid sal tot murg en been deurdring. Verkondig die Word in al sy krag.UG1 290.2

    Namate die beproewings om ons heen toeneem sal ons beide afsondering en eensgesindheid in ons geledere sien. Sommige wat nou gereed staan om wapens vir die stryd op te neem, sal in die tyd van die dreigende onheil openbaar dat hulle nie op die vaste rots gebou het nie; hulle sal toegee aan die versoeking. Diegene wat veel lig en kostelike voorregte gehad het, maar dié nie verbeter het nie, sal ons op een of ander voorwendsel verlaat. Omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het nie, sal hulle deur die bedrieglikheid van die vyand gevang word en sal verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang en van die geloof afvallig word.UG1 290.3

    Maar, aan die ander kant, sal die opregte skape die ware Herder se stem hoor wanneer die woede van die vervolging op ons losbars. Hulle sal hulleself opoffer, om die verloregaandes te red, en vele wat van die kudde afgedwaal het, sal terugkeer om die Groot Heerder te volg. Die volk van God sal bymekaarstaan en die vyand ‘n verenigde front aanbied. Met die oog op die algemene gevaar sal alle stryd om die oppermag ophou; daar sal geen getwis meer wees oor wie die vernaamste geag moet word nie. Van die ware gelowiges, sal geeneen sê: “Ek is van Paulus, of ek van Apollos, of ek van Séfas” nie. Almal tesaam sal getuig: “Ek kleef aan Christus vas; ek verheug my in hom as my persoonlike Saligmaker.UG1 290.4

    So sal die waarheid in die alledaagse lewe geopenbaar word en so sal Christus se gebed kort voor Sy vernedering en dood, verhoor word, “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” Joh. 17: 21. Die liefde vir Christus, die liefde vir die broeders, sal aan die wêreld getuig dat ons by Jesus was en van Horn geleer het. Dan sal die boodskap van die derde engel tot ‘n luide geroep ontwikkel, en die hele aarde sal met die heerlikheid van die Here verlig word.UG1 291.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents