Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verkondig die Waarheid in die Gees van Christus

    Ons behoort die waarheid in sy eenvoud voor te stel, ware godsvrug voor te staan en die werk in die gees van Christus te doen. Die openbaring van so ‘n gees sal die beste invloed hê op ons eie harte en dit sal die krag besit om ander te oortuig. Gee die Here die geleentheid om deur Sy knegte te werk. Verbeel jou nie dat jy planne vir die toekoms sal kan beraam nie; erken dat God voortdurend onder alle omstandighede aan die roer staan. Hy sal op gepaste wyse te werk gaan en sal Sy eie volk bewaar, opbou en vermenigvuldig.UG1 286.1

    Die Here se knegte moet ‘n heilige ywer aan die dag lê wat geheel en al onder Sy beheer is. Stormagtige tye sal gou genoeg kom; ons moet geen weg inslaan wat die sware tye sal verhaas nie. Die tyd van benoudheid sal van so ‘n aard wees, dat dit almal wat Syne en Syne alleen wil wees tot God sal bring. Ons ken onsself nie totdat ons in die beproewingsuur getoets is nie, daarom is dit ons nie geoorloof om ander se karakter te beoordeel nie, selfs ook nie diegene wat nog nie die lig van die derde-engel-boodskap gehad het nie.UG1 286.2

    As ons wil hê dat mense moet insien dat die waarheid wat ons glo, die siel kan heilig en die karakter kan verander, moet ons nie aanhou om heftige beskuldigings teen hulle in te bring nie. Doen ons dit, dan kom hulle tot die gevolgtrekking dat ons geloof nie die Christelike geloof is, omdat dit ons nie beminlik, beleefd en eerbiedig gemaak het nie. Die Christelike godsdiens word nie geopenbaar deur veroordelings en beskuldigings nie.UG1 286.3

    Vir baie van ons gelowiges bestaan die gevaar dat hulle te veel beheer oor ander probeer uitoefen en hulle medemens sal verdruk. Die gevaar bestaan ook dat die aan wie verantwoordelikheid opgedra is maar net een gesag sal erken — die gesag van ‘n ongeheiligde wil. Sommige het op ‘n gewetelose manier misbruik gemaak van dié gesag, en groot verleëntheid veroorsaak vir die diensknegte van die Here. Een van die grootste vloeke op aarde vandag (in die kerk en in die samelewing) is die voorliefde vir heerskappy. Mense word geheel en al in beslag geneem deur hulle strewe na mag en populariteit. Tot ons spyt en verdriet kom dié gees ook voor onder die Sabbathouers. Maar geestelike sukses is alleen vir die wat sagmoedigheid en nederigheid in die skool van Christus geleer het.UG1 287.1

    Ons behoort te onthou dat die wêreld ons oordeel aan ons voorkomste. Diegene wat Christus wil verteenwoordig moet oppas om nie teenstrydige karaktertrekke te openbaar nie. Voor ons optree moet ons eers sorg dat die Heilige Gees van Omhoog oor ons uitgestort is. Wanneer dit gebeur sal ons ‘n onfeilbare boodskap verkondig, maar dit sal veel minder veroordelend wees as wat sommige dit gemaak het; en almal wat glo, sal baie ernstiger wees oor die bekering van ons teenstanders.UG1 287.2

    Laat die oordeel oor die owerhede en regerings heeltemal aan die Here oor maar laat ons soos getroue wagte in sagmoedigheid en liefde die beginsels van die waarheid in Jesus verdedig.UG1 287.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents