Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Huis-toe

    Ons is op weg huis-toe. Hy wat ons so liefgehad het dat Hy selfs Sy lewe vir ons gegee het, het vir ons ‘n stad gebou. Die Nuwe Jerusalem sal ons rusplaas wees. In die Godstad sal daar geen droefheid wees nie. Daar sal geen weeklag oor verydelde hoop ooit gehoor word nie. Eerlank sal die roukleed vervang word deur die bruidsgewaad. Eerlank sal ons die kroning van ons Koning sien. Diegene wie se lewe met Christus verborge is in God; diegene wat op hierdie aarde die goeie stryd van die geloof gestry het, sal in die koninkryk van God met die heerlikheid van die Verlosser beklee word.UG1 303.1

    Nie meer lank nie, en ons sal Hom sien in wie ons hoop op die ewige lewe is. En in Sy teenwoordigheid sal die beproewings en lyding van hierdie lewe heeltemal nietig wees. “Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.” Heb. 10: 35-37. Kyk op na die hemel en laat u geloof steeds sterker word. Laat hierdie geloof u lei op die smal pad wat u sal bring tot in die Godstad daarbo — na die onbegrensde heerlikheid wat vir die verlostes berei is. “Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees: versterk julle harte, omdat die wederkoms van die Here naby is.” Jakobus 5: 7, 8.UG1 303.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents