Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Daar is Werk vir Almal

    Daar is werk vir almal. Laat alles wat u doen help om die mensheid op te hef. Daar is soveel wat hulp nodig het. Die persoon wat lewe, nie om homself te bevredig nie, maar om tot seen te wees vir ander wat minder bevoorreg is, sal baie gelukkig wees. Laat diegene wat niks doen nie wakker word en die pligte van die lewe aanvaar. Neem die Woord van God en ondersoek dit. As u daders van die Woord is, sal die lewe vir u ‘n werklikheid wees en u sal oorvloedig beloon word.UG1 117.3

    Die Here het ‘n plek vir elkeen in Sy groot plan. Hy sal die nodige talente voorsien. Al het u slegs een talent, God het ‘n plek daarvoor, en daardie een talent, getrou bestee, sal die werk doen wat God beoog. Die talent van die eenvoudiges is nodig in die werk van huis tot huis, en hierin sal dit ook meer uitrig as diegene met skitterende gawes.UG1 117.4

    Daar is ‘n duisend openinge vir werk. Ons betreur tans ons gebrek aan middele terwyl daar so ‘n groot aanvraag om manne en middele is; maar as dit ons selfs nou eras was, sou ons ons middele met ‘n honderdvoud kon vermeerder. Dit is selfsug en die botviering van self wat die weg versper.UG1 118.1

    Kerklede laat julle lig skyn. Verhef julle stemme teen onmatigheid, teen die vermake van hierdie wêreld, en ook in gebed en die verkondiging van die waarheid vir hierdie dae. Jou stem, jou invloed, jou tyd — al hierdie dinge is gawes van God en moet gebruik word om siele te win vir Christus.UG1 118.2

    Besoek u bure en toon belangstelling in die redding van hulle siele. Span al u geestelike kragte in. Verwittig diegene wat u besoek dat die einde van alle dinge naby is. Die Here Jesus sal hulle harte oopmaak en ‘n indruk op hulle maak.UG1 118.3

    Probeer om manne en vroue uit hulle geestelike slaap wekker te maak. Vertel hulle hoedat u Jesus gevind het en hoe gelukkig u is vandat u vir Hom begin werk het. Vertel hulle van die seëninge wat u ontvang aan die voete van Jesus namate u heerlike lesse uit Sy Woord leer. Vertel hulle van die vreugde en blydskap van die Christelike lewe. U kragtige, ernstige woorde sal hulle oortuig dat u die baie kosbare pêrel gevind het. Laat u blymoedige woorde wys dat u waarlik die hoër lewe gevind het. Dit is ware sendingwerk, en namate u dit doen, sal baie soos uit ‘n slaap wakker skrik.UG1 118.4

    Selfs waar hulle besig is met hulle daelikse werk kan Gods kinders ander tot Christus lei. En terwyl hulle met sulke werk besig is, sal hulle die heerlike versekering hê dat Christus by hulle is. Hulle hoef nie te dink dat hulle op hulle eie swak pogings moet staatmaak nie. Christus sal aan hulle die woorde gee om te spreek wat arme, sukkelende siele in hulle stryd teen die duisternis sal verkwik en bemoedig. Namate hulle sien hoedat die beloftes van die Verlosser vervul word, sal hulle eie geloof versterk word. Nie alleen is hulle ‘n seen vir ander nie, maar die werk wat hulle vir Christus doen, strek ook tot seen van hulle eie siele.UG1 118.5

    Daar is baie wat die werk waarvan ek spreek, kan en moet doen. My broeder en suster, wat doen u vir Christus? Trag u om ‘n seen tot ander te wees? Spreek u vriendelike woorde, woorde van medelyde en liefde? Maak u ernstige pogings om ander tot die Heiland te win?UG1 119.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents