Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Skeidingslyn Moet Duidelik Getrek Word

    My bede is dat my broeders moet besef dat die derde engel se boodskap vir ons baie beteken, en dat die viering van die ware Sabbat ‘n teken is wat aantoon wie God dien en wie Hom nie dien nie. Laat diegene wat slaperig en onverskillig geword het, wakker word. Ons is tot heiligheid geroep, en ons moet oppas dat ons nie die indruk gee dat dit nie eintlik saak maak of ons die spesiale eienskap van ons geloof behou nie. Op ons rus die groot verantwoordelikheid om meer gesteld te wees op die waarheid en geregtigheid as wat ons in die verlede was.UG1 144.3

    Die skeidingslyn tussen dié wat die gebooie van God bewaar en dié wat dit nie doen nie, word nie duideiik genoeg deur ons getrek nie. Ons moet God nougeset eer en ywerig alle middels aanwend om ons verbondsverhouding teenoor Hom te handhaaf, sodat ons Sy seëninge kan ontvang — die seëninge wat so onontbeerlik is vir diegene wat vurige beproewings sal moet verduur. Deur die indruk te verwek dat ons geloof en ons godsdiens nie ‘n groot krag in ons lewe is nie, onteer ons God baie. Op hierdie manier dwaal ons af van Sy gebooie, wat ons lewe is, en ons loën dat Hy ons God en ons Sy volk is.UG1 144.4

    “Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met Sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.” Deut. 7:9, 10.UG1 145.1

    Waar sal ons staan voordat die duisend geslagte wat in hierdie skriftuur genoem is, geëindig is? Dan sal ons lot reeds vir die ewigheid beslis wees. Ons sal óf waardig geag gewees het vir ‘n tuiste in die ewige koninkryk van God, óf ons sal die ewige doodstraf ontvang het. Diegene wat hulle verbond met God getrou nagekom het; diegene wat, omdat hulle Golgota onthou het, getrou vir die waarheid gestaan het en gedurig getrag het om God te eer, sal die volgende woorde hoor: “Mooi so, goeie en getroue slaaf.” Maar diegene wat God op halfhartige wyse gedien het en die weë en die praktyke van die wêreld nagevolg het, sal die treurige woorde hoor: “Gaan weg van My; Ek het jou nooit geken nie.”UG1 145.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents