Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VYF-EN-VEERTIG—DIE VERWAARLOSING VAN DIE GETUIENISSE

    (Deel V, bls. 680, 681.)

    DIT is nie alleen diegene wat die Getuienisse openlik verwerp of betwyfel wat op gevaarlike grond is nie. Om lig te veronagsaam, is net so goed as om dit te verwerp.UG1 280.1

    “Sommige van julle erken die bestraffings met julle lippe, maar in julle hart verwerp julle dit. Julle gaan maar op die ou trant voort, met die verskil alleen dat julle nie meer so vatbaar is vir die invloed van die Gees van God nie, dat julle blinder en onverstandiger word, minder selfbeheersing en sedelike krag het, en dat julle ywer en begeerte vir die godsdiens afneem; as julle nie tot bekering kom nie, sal julle eindelik julle geloof in God heeltemal versaak. Julle het nie julle lewens verbeter toe julle bestraf is nie, en dit omdat julle nie die gebreke in julle karakters en die groot verskil tussen julle lewens en die van Christus besef het nie.” “Wat help julle gebede tog as julle ongeregtigheid in julle harte koester? As daar nie ‘n grondige verandering kom nie, sal julle, in die nabye toekoms, moeg word vir die teregwysings net soos die kinders van Israel, en soos hulle sal julle ook afvallig word van God.UG1 280.2

    “Baie handel lynreg in stryd met die lig wat God aan Sy volk gegee het, omdat hulle nie die boeke lees wat die lig, kennis, bestraffings en waarskuwings bevat nie. Die sorge van die wêreld, die liefde vir die modes, en die gebrek aan geestelikheid het hulle aandag afgetrek van die lig wat God so genadiglik gegee het, terwyl die boeke en tydskrifte wat dwaalleer bevat baie gewild is. Twyfeling en ongeloof neem orals toe. Die kosbare lig wat van die troon van God kom, word onder ‘n maatemmer bedek. God sal sy volk verantwoordelik hou vir die ver waarlosing van die lig. Van elke ligstraal wat Hy gegee het, sal Hy rekenskap eis, of ons dit nou tebaatgeneem het vir die bevordering van ons geestelike lewe, of dit verwerp het omdat ons liewer aan ons eie begeerlikhede wou toegee.”UG1 280.3

    “Die boekdele van die ,Gees van Profesie,’ en ook die Getuienisskrifte behoort in die wonings te wees van alle Sabbathouers, en die broeders behoort die waarde daarvan te ken en daarop aan te dring dat die geskrifte gelees moet word. Dit was nie raadsaam om hierdie boeke teen ‘n lae prys beskikbaar te stel en net een stel in ‘n kerk te hê nie. Alle biblioteke en elke gesin behoort hulle te besit en hulle moet herhaaldelik gelees word. Hulle moet op ‘n plek gehou word sodat vele hulle kan bykom.”UG1 281.1

    Predikante en leke moet onthou dat die Evangelie verhard as dit nie red nie. Die verwerping van die lig bring mense in die gevangenis, gebind met kettings van duisternis en ongeloof. “Die siel wat dag na dag weier om te luister na die uitnodigings van genade, sal eerlank na die dringendste smeekstemme kan luister sonder dat sy hart daardeur getref word. As medewerkers van God behoort ons ons op vroomheid toe te lê en minder op selfverheffing. Hoe meer self verhef word, hoe minder geloof sal ons hê in die Getuienisse van die Gees van God. . . . Diegene wat alleen op hulleself vertrou, sal steeds minder en minder van God sien in die Getuienisse van Sy Gees.”UG1 281.2

    * * * * *

    Die geskiedenis van die Israeliete wys ons op die groot gevaar om bedrieg te word. Baie besef nie die sondigheid van hulle eie natuur nie, en ook nie die vergewensgenade van God nie. Hulle verkeer in duisternis en is blootgestel aan grot versoekings en bedrog. Hulle is ver van God verwyder, maar nogtans is hulle bai tevrede met hulleself al word hulle gedrag ook deur God verafsku. Hierdie soort mense sal altyd veg teen die leiding van die Gees van God, veral as hulle bestraf word. Hulle hou nie daarvan om verstoor te word nie.— Deel 3, bl. 361.UG1 281.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents