Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Jesaja se Gesig van die Toorn van God

    Sulke gedagtes het in sy binneste omgegaan toe hy daar voor die poort van die heilige tempel gestaan het. Skielik was dit asof die hek en die binneste voorhangsel van die tempel oopgegaan het, en hy kon binne sien in die allerheiligste plek, waar selfs ‘n profeet nie durf ingaan nie. Daar het hy ‘n gesig gesien van Jehova op Sy troon hoog en verhewe terwyl Sy some die tempel gevul het. Aan albei kante van die troon het daar serafs gesweef; met twee vlerke het hulle gevlieg; met twee vlerke het hulle hulle aangesigte bedek en met twee hulle voete. Hierdie engele het mekaar as volg toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare! Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol,” selfs die drumpelposte en die pilare en die hek van sederhout het gebewe van die geluid van die roepers, en hulle het die huis gevul met hulle lofbetuigings.UG1 159.2

    Nog nooit tevore het Jesaja onder so ‘n diepe indruk verkeer van die grootheid en heiligheid van Jehova nie; en hy het gevoel dat hy in sy menslike swakheid en onwaardigheid sou omkom in die goddelike teenwoordigheid. “Wee my, ek is verlore,” het hy uitgeroep, “want ek is ‘n man van onrein lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die Here van die leërskare, gesien.” Maar een van die serafs het na hom toe gekom om hom geskik te maak vir sy groot sending. Die engel het sy lippe met ‘n gloeiende kool van die altaar aangeraak en gesê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.” En toe die stem van God gehoor is wat vra, “Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan?” het Jesaja met heilige vertroue geantwoord: “Hier is ek, stuur my.”UG1 160.1

    Al sou aardse magte teen Juda optrek, en al sou die volk die sending van Jesaja weerstaan: wat daarvan? Hy het die Koning, die Here van die leërskare gesien, hy het die lied van die serafs gehoor wat sê: “Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol,” en die profeet het opgewasse gevoel vir die werk wat hy moes doen. Reg deur sy moeilike sending het die gedagte aan daardie gesig hom opgebeur.UG1 160.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents