Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK TWAALF—’N BEROEP OP LEKE

    (Deel IX, bls. 125-135.)

    WANNEER daar deur ervare arbeiders in ‘n wyk waar ons eie mense woon ‘n spesiale poging gehou word, rus daar op die gelowiges in daardie veld ‘n baie plegtige verantwoordelikheid om alles in hulle vermoë te doen om die weg vir die Here oop te maak om te werk. Hulle moet hulle harte biddend ondersoek en die weg van die Koning regmaak deur elke sonde af te lê wat hulle kan verhinder om met God en hulle broeders saam te werk.UG1 99.1

    Dit is nie altyd ten voile verstaan nie. Satan het dikwels ‘n gees ingebring wat dit vir kerklede onmoontlik gemaak het om die geleenthede vir diens te sien. Gelowiges het dikwels die vyand toegelaat om deur hulle te werk juis op die tyd dat hulle volkome aan God toegewy moes gewees het vir die bevordering van Sy werk. Onbewus het hulle ver van die weg van geregtigheid afgedwaal. Deur ‘n vitterige gees, deur fout te vind, en deur ‘n fariseëse vroomheid en hoogmoed, het hulle die Gees van God bedroef en die werk van Gods boodskappers baie verhinder.UG1 99.2

    Daar was al baiemaal en op verskeie plekke op hierdie euwel gewys. Partykeer het diegene wat aan ‘n vitterige, veroordelende gees toegegee het, berou gehad en tot bekering gekom, en dan kon God hulle gebruik tot eer en verheerliking van Sy naam.UG1 99.3

    Ons lewe in ‘n spesiale tydperk van die geskiedenis. Daar moet ‘n groot werk in ‘n baie kort tydjie gedoen word, en elke Christen moet ‘n deel he in die ondersteuning van hierdie werk. God vra om manne wat hulle sal toewy aan die werk om siele te red. As ons eers die groot offergawe van Christus om ‘n verloregaande wêreld te red, ten voile besef, sal daar ‘n magtige worsteling gesien word om siele te red. O, dat al ons kerke die oneindige offergawe van Christus mag besef.UG1 99.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents