Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Spandabelheid en Liefde vir Vertoon

    Leef spaarsaam tuis. Daar is vele wat afgode in hulle harte het en aanbid. Laat vaar u selfsugtige gejaag na plesier. Ek smeek u, moenie u geld bestee aan die verfraaiing van u huise nie; want dit is Gods geld en Hy sal rekenskap van u eis. Ouers, moet om Christus wil nie u geld bestee aan die bevrediging van die genotsug van u kinders nie. Moet hulle nie leer om die mode en vertoon na te volg ten einde invloed in die wêreld te verkry nie. Sal dit hulle begerig maak om siele te red vir wie Christus gesterf het? Nee; dit sal net afguns, jaloesie en bose bedenkinge as gevolg hê. U kinders sal trag om mee te ding met die vertoon en spandabelheid van die wêreld, en die Here se geld uit gee vir dinge wat nie nodig is vir hulle gesondheid en geluk nie.UG1 156.1

    Moenie u kinders leer om te dink dat u liefde vir hulle juis getoon moet word in die bevrediging van hulle hoogmoed en liefde vir vertoon nie. Daar is nie meer tyd om planne uit te dink hoe om geld te bestee nie. Gebruik u verstand om planne uit te dink wat spaarsaamheid sal bevorder. In stede van selfsugtige begeertes te bevredig en geld te bestee aan dinge wat die denkvermoëns vernietig, behoort ons liewer planne te beraam hoe om self te verloën, sodat ons iets sal oor hê om te belê in die verkondiging van die waarheid in nuwe streke. Ons verstand is ‘n talent; gebruik dit om die beste planne uit te dink vir die belegging van u geld in die redding van siele.UG1 156.2

    Leer u kinders dat God aanspraak het op alles wat hulle besit—’n aanspraak wat niks kan wegneem nie; alles wat hulle het, is slegs aan hulle geleen om hulle gehoorsaamheid op die proef te stel. Besiel hulle met die begeerte om sterre te win vir hulle krone deur die redding van siele van die sonde tot geregtigheid.UG1 156.3

    Geld is ‘n nodige skat; moet dit nie verkwis op diegene wat dit nie nodig het nie. Daar is diegene wat u vrywillige offergawes nodig het. Maar te dikwels besef diegene wat goed met middele bedeel is nie dat daar baie in hierdie wêreld is wat broodgebrek ly nie. Hulle mag sê: “Ek kan tog nie almal voed nie.” Maar as u Christus se voorbeeld navolg, sou u ten minste tog een kon voed. Dit mag wees dat u in staat is om baie van tydelike voedsel te voorsien. Maar u kan ook hulle siele voed met die Brood van die Lewe. “Maak die stukkies bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.” Joh. 6: 12. Hierdie woorde is geuiter deur Hom wat al die skatte van die wêreld tot Sy beskikking gehad het; en hoewel Hy deur Sy wonderwerkende krag duisende gevoed het, het Hy nie nagelaat om die les van spaarsaamheid voor te hou nie.UG1 156.4

    Wees spaarsaam met u tyd. Dit behoort aan die Here. U krag behoort aan die Here. As u spandabele gewoontes het, versaak hulle. Sulke gewoontes, as u hulle botvier, sal u bankrot maak vir die ewigheid. Maar gewoontes wat spaarsaamheid, arbeidsaamheid en nugterheid bevorder, is selfs in hierdie wêreld ‘n beter erfporsie vir u kinders as ‘n groot bruidskat.UG1 157.1

    Ons is reisigers, pelgrims en vreemdelinge op aarde. Ons moenie ons geld uitgee vir die bevrediging van begeertes wat God ons versoek het om te versaak nie. Laat ons liewer die regte voorbeeld stel vir diegene met wie ons omgaan. Laat ons waardige verteenwoordigers wees van ons geloof deur spaarsaam te lewe. Laat die kerke soos een man opstaan en met erns werk, soos diegene wat in die voile lig van die waarheid vir hierdie dae wandel. Laat u invloed siele onder die indruk bring van die eise van God.UG1 157.2

    As daar deur die voorsienigheid van God aan u rykdom gegee is, moet dan nie gaan stilsit met die gedagte dat u nie hoef te werk nie, dat u genoeg het en dus maar kan eet en drink en vrolik wees. Moenie ledig staan terwyl ander swoeg om middele vir die saak van God te vergader nie. Belê u middele in die werk van God. As u minder doen as u plig om die verloregaandes te help, onthou dan dat u uself deur u ledigheid skuldig maak.UG1 157.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents