Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sabbatbyeenkomste

    Christus het gesê, “Waar twee of drie vergader in My Naam, daar is Ek onder hulle.” Matt. 18: 20. Waar gelowiges is, al is dit maar twee of drie, moet hulle op die Sabbat bymekaar kom en vir hulle die belofte van die Here toeëien.UG1 43.1

    Die klein groepies wat saamkom om die Here te dien op Sy heilige dag, het die reg om aanspraak te maak op die seen van Jehova. Hulle behoort te glo dat die Here Jesus ‘n geëerde gas onder hulle is. Elke ware gelowige wat die Sabbat hou moet die belofte van God toeëien, “Sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.” Exod. 31: 13.UG1 43.2

    Die preekdiens by ons Sabbatbyeenkomste moet oor die algemeen kort wees. Daar moet geleentheid verskaf word aan diegene wat die Here liefhet om uiting te gee aan hulle dankbaarheid en liefde.UG1 43.3

    Waar ‘n kerk sonder ‘n predikant is, moet iemand aangestel word as leier. Dog dit is nie nodig vir hom om ‘n preek te lewer nie of ‘n groot gedeelte van die tyd in beslag te neem nie. ‘n Kort, interessante Bybelstudie sal dikwels van groter waarde wees as ‘n preek. En dit kan dan opgevolg word deur ‘n biduur en getuienisdiens.UG1 43.4

    Diegene wat as leiers optree in die kerk moet hulle liggaamlike en verstandelike kragte gedurende die week nie uitput sodat hulle op die Sabbat nie in staat is om die verkwikkende invloed van die Evangelie van Christus in die diens te laat geld nie. Doen minder gewone alledaagse werk, maar moenie die Here beroof deur aan Horn, op die Sabbat, diens te bring wat Hy nie kan aanneem nie. U moet nie wees soos mense wat geen geestelike lewe het nie. Die mense het u hulp op die Sabbat nodig. Verskaf aan hulle voedsel uit die Woord. Bring u beste gawe aan die Here op Sy Heilige dag. Gee aan Hom die kostelike kragte van die siel in toegewyde diens. Laat niemand na die diens kom om te slaap nie. Daar behoort geen slapery te wees in Gods huis nie. U raak nie aan die slaap as u in u eie werk besig is nie, omdat u daarin belangstel. Sal ons toelaat dat die werk waarvan ons ewige heil afhang op ‘n laer peil staan as die gewone sake van die lewe.UG1 43.5

    As ons gedurende die diens slaap, mis ons die seën wat die Here vir ons bedoel het. Die Sabbat moet nie ‘n dag van ledigheid wees nie. Tuis, sowel as in die kerk, moet daar ‘n diensvaardige gees geopenbaar word. Hy wat ons ses dae gegee het vir ons eie werk het die sewende dag geheilig en dit afgesonder vir Homself. Op hierdie dag sal Hy almal wat hulleself toewy aan Sy diens, op ‘n spesiale wyse seën.UG1 44.1

    Die ganse hemel vier die Sabbat, maar nie op ‘n ledige, lustelose wyse nie. Op hierdie dag moet die hele siel wakker wees; want is dit nie die dag waarop ons God en Christus onse Heiland ontmoet nie? Ons mag Hom deur geloof aanskou. Hy verlang om elke siel te seen en te verkwik.UG1 44.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents