Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vermy Bose Maats

    Sommige jongmans weet dat wat ek hier sê presies hulle eie lewens beskryf. Hulle weë is nie vir die Here bedek nie, al mag dit vir hulle beste vriende bedek wees, en selfs van hulle vader en moeder. Ek het maar min hoop dat sommige van hulle ooit hulle weg van skynheiligheid en bedrog sal verander nie. Ander wat foute begaan het, trag om hulleself te verbeter. Mag die liewe Here hulle help om hulle aangesigte te maak soos ‘n kiesteen teen alle valsheid, en teen die gevlei van diegene wat hulle wil verswak in hulle voorneme om reg te doen, of wat twyfelmoedigheid of ongeloof by hulle wil inboesem ten einde hulle geloof in die waarheid te laat wankel. Jong vriende, moenie selfs één uur deurbring in die geselskap van diegene wat julle ongeskik wil maak vir die rein en heilige werk van God nie. Moet niks voor vreemdelinge doen wat julle nie ook voor julle vader en moeder sou doen nie, of waarvoor julle julle voor Christus en die heilige engele sal hoef te skaam nie.UG1 89.3

    Sommige mag dink dat Sabbathouers nie behoefte het aan hierdie vermanings nie; maar diegene op wie dit van toepassing is weet wat ek bedoel. Ek sê aan julle: jongmanne, pas op; want julle kan niks doen wat die oë van die engele en van God nie kan sien nie. Julle kan geen bose daad doen sonder dat ander daardeur geraak word nie. Terwyl julle dade wys watter soort materiaal julle gebruik in die bou van julle karakter, oefen dit ook ‘n magtige invloed uit op ander. Moet nooit uit die oog verloor dat julle aan God behoort nie, dat Hy julle duur gekoop het nie, en dat julle aan Hom rekenskap sal moet gee van al die talente wat Hy aan julle toevertrou het. Niemand behoort die werk van ‘n kolporteur op te neem, wat deur sonde besoedel is, of wie se hart nie met God reg is nie; want sulke persone sal die waarheid sekerlik in oneer bring.UG1 90.1

    Diegene wat in die sendingveld arbei het God nodig om hulle te lei. Hulle moet versigtig wees om reg te begin, en dan moet hulle stil, dog vasberade, aanhou op die reguit pad. Hulle moet beslis wees; want Satan is gedetermineerd, en volhard in sy pogings om hulle tot ‘n val te bring.UG1 90.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents