Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SEWENTIEN—DIE VERDELING VAN VERANTWOORDELIKHEID

    (Deel IX, bls. 262-269.)

    GOD wil hê dat Sy volk ‘n verstandige volk moet wees. Hy het dit so beskik dat daar spesiaal gekose manne as afgevaardigdes na ons konferensies moet gaan. Sulke manne moet beproefde en betroubare manne wees. Die werk om afgevaardigdes na die konferensies te kies, is ‘n belangrike werk. Hierdie afgevaardigdes moet die planne maak vir die bevordering van die werk, en derhalwe moet hulle verstandige manne wees — manne wat van oorsaak tot gevolg kan redeneer.UG1 132.1

    “En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die more tot die aand toe. En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die more tot die aand toe? En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. As hulle ‘n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen hulle, en die insettinge van God en Sy wette bekend maak.UG1 132.2

    “Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie. Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie. Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees: Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk van God en bring jy die sake voor God, en verklaar vir hulle die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen. Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien; en laat hulle vir die volk voortdurend regspreek; al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.UG1 132.3

    “As jy dit doen, en God dit jou beveel, dan kan jy dit uithou, en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.UG1 133.1

    “Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het — Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel — owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. En hulle het vir die volk voortdurend reggespreek: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.” Exod. 18: 13-26.UG1 133.2

    Ook in die eerste hoofstuk van Handelinge word daar onderrig gegee in verband met die kiesing van manne om kerklike verantwoordelikhede te dra. As gevolg van die afdwaling en dood van Judas het daar ‘n vakature in die geledere van die apostels ontstaan, wat dit nodig gemaak het om iemand te kies om die vakature op te vul. In hierdie verband het Petrus gesê:UG1 133.3

    “Van die manne dan wat saam met ons omgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons inen uitgegaan het, van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van Sy opstanding. En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Barsabas, met die bynaam van Justus, en Matthias. En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek. Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthias geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.” Hand. 1: 21-26.UG1 133.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents