Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Opgeroep tot Aktiewe Diens

    Moenie die klein dingetjies verbygaan en na ‘n groot werk uitsien nie. U mag ‘n klein werkie met sukses kan doen, dog ‘n hopelose mislukking maak in ‘n poging om ‘n groot werk te doen, en sodoende kan u lig ontmoedig word. Sit ‘n hand by orals waar daar werk is om te doen. Of u ryk of arm is, groot of nederig, God roep u tot aktiewe diens vir Hom. Deur met al u mag te doen wat u hand vind om te doen, sal u talent en bekwaamheid ontwikkel vir die werk. En dis deur u daelikse geleenthede te verwaarloos dat u geen vrugte sal dra nie en eindelik sal verdor. Dis daarom dat daar so baie bome in die tuin van die Here is wat geen vrugte dra nie.UG1 103.1

    In u huis, voor u buurman se vuurherd, by ‘n siekbed, kan u op ‘n stille wyse die Skrif voorlees, en ‘n woordjie vir Jesus en die waarheid spreek. Op hierdie wyse kan daar kosbare saad gesaai word wat na vele dae sal opkom en vrugte sal voortbring.UG1 103.2

    Daar is sendingwerk op baie plekke te doen wat nie eintlik veelbelowend is nie. Die sendinggees behoort van ons harte besit te neem, en ons te besiel om vir mense te werk aan wie ons nie gedink het nie, en op maniere en plekke waaraan ons nooit gedink het nie. Die Here het Sy plan vir die saai van die Evangeliesaad, en as ons volgens Sy wil saai, sal ons die saad van Sy Woord so vermenigvuldig dat duisende sal bereik word wat nog nooit die waarheid gehoor het nie.UG1 103.3

    Daar is orals openinge. Dring in by elke opening wat deur die voorsienigheid gemaak word. Ons oë behoort met hemelse oësalf gesalf te word om die geleenthede te kan sien. God vra nou om wakker sendelinge. Daar is weë wat aan ons voorgestel sal word. Ons moet hierdie openinge van die voorsienigheid sien en tebaatneem.UG1 103.4

    Aan die boodskappers van God is opgedra om dieselfde werk te doen wat Christus gedoen het toe Hy op hierdie aarde was. Hulle moet alle soorte werk aanpak waarin Hy gearbei het. Met erns en opregtheid moet hulle die mense vertel van die ondeurgrondelike rykdom en die onverganklike skatte van die hemel. Hulle moet met die Heilige Gees vervul wees. Hulle moet die Hemel se aanbiedings van vrede en vergifnis herhaal. Hulle moet na die poorte van die Godstad wys, en sê: “Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” Openb. 22: 14.UG1 103.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents