Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ons Verantwoordelikheid tot God

    Dit is tyd vir ons om ag te slaan op die onderwysing van Gods Woord. Al Sy bevele is vir ons eie voordeel, om ons siele te bekeer van die sonde tot geregtigheid. Elke bekeerling tot die waarheid behoort onderrig te word aangaande Gods bevele ten opsigte van tiendes en offergawes. Namate daar nuwe gemeentes gestig word, moet hierdie werk met beslistheid en in die Gees van Christus onderneem word.UG1 152.1

    Alles wat die mense geniet, ontvang hulle van God, en Hy skep daar behae in dat Sy volk Sy gawes sal geniet; maar almal wat hulle onder die met-bloed-bevlekte banier van Prins Emmanuel skaar, moet hulle afhanklikheid van en hulle verantwoordelikheid tot God erken deur ‘n sekere gedeelte van Sy goed weer in Sy skatkis te stort. Hierdie middele moet dan aan sendingwerk bestee word in gehoorsaamheid aan die bevel wat die Seun van God aan Sy dissipels gegee het: “Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”UG1 152.2

    Diegene wat waarlik bekeerd is, is geroep tot ‘n werk wat middele en toewyding verg. Die verpligting wat ons bind om ons name in die kerkboeke te laat skryf, maak ons ook verantwoordelik tot God om vir Hom te werk tot die beste van ons vermoëns. Hy vra om onverdeelde diens en om die algehele toewyding van hart, siel, verstand en krag. Christus het ons in die kerk gebring sodat ons al ons vermoëns aan Hom kan toewy vir die redding van siele. Alles minder as dit beteken ‘n stremming van die werk. Daar is net twee plekke in hierdie wêreld waar ons ons skatte kan bêre — óf in die skatkamer van God óf in dié van Satan; en alles wat nie aan die diens van Christus gewy is nie, is aan die kant van Satan en help om sy saak te bevorder.UG1 152.3

    Dit is die doel van God dat die middele wat aan ons toevertrou is, gebruik sal word vir die uitbreiding van Sy koninkryk. Sy goed is aan Sy rentmeesters gegee om versigtig daarmee handel te dryf sodat dit ‘n inkomste vir Hom kan lewer vir die redding van siele tot die ewige lewe. En hierdie geredde siele sal weer op hulle beurt rentmeesters van die waarheid word en saamwerk met die grot firma in belang van die koninkryk van God.UG1 153.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents