Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VIER-EN-VEERTIG—DIE VERWERPING VAN TEREGWYSING

    (Deel V, bls. 678-680.)

    “DAAR is baie wat nou die getroue teregwysings in die Getuienisse verwerp. Daar is aan my getoon dat sommige selfs sover gegaan het as om die geskrewe bestraffings en waarskuwings te verbrand soos die bose koning van Israel vanouds gedoen het. Maar om die dreigemente van God te weerstaan, sal nie belet dat hulle uitgevoer word nie. Om Gods woorde wat Hy deur Sy gekose werktuie gespreek het, te weerstaan, sal uiteindelik die gewisse ondergang van die skuldige persoon bewerk.. Dikwels ontbrand daar toorn in die hart van die sondaar teen die werktuig wat God gekies het om die bestraffings te ge. Dit was maar altyd so, en dieselfde gees wat Jeremia vanouds vervolg en in die gevangenis gewerp het omdat hy die woord van God gehoorsaam het, heers vandag nog.”UG1 278.1

    Van die begin van my werk af, toe daar aan my opgedra is om reguit getuienisse te gee, om verkeerde dinge te bestraf en niemand te spaar nie, was daar diegene wat my getuienisse weerstaan het en wat agterna gekom het en vleitaal gespreek het om afbreek te doen aan die invloed van my werk. Namate die Here my beweeg het om bestraffings te gee, het daar ander tussen my en die volk gekom om my getuienisse kragteloos te maak.UG1 278.2

    “In byna elke geval waar daar bestraffings nodig is, sal daar diegene wees wat nie sal besef dat die Gees van die Here bedroef is en dat Sy saak in die skande gesteek word nie. Hulle sal diegene bejammer wat bestraf is omdat hulle persoonlike gevoelens gekwes is. Sulke onheilige simpatie sal diegene wat die simpatie betoon in dieselfde bootjie bring as diegene wat bestraf is. In nege gevalle uit die tien, as die bestrafde persoon nie die simpatie van ander ontvang het nie, sou hy miskien sy foute ingesien en sy lewe verbeter het. Maar bemoeisiekte, onheilige simpatiseerders skrywe heeltemal verkeerde motiewe toe aan die een wat die teregwysings gee, asook aan die aard van die bestraffings, en deur met die bestrafde persone te simpatiseer laat hulle die sukldiges voel dat hulle verontreg is, met die gevolg dat hulle in opstand kom teen die een wat maar net sy plig gedoen het. Diegene wat getrou hulle plig nakom, met ‘n besef van hulle verantwoordelikheid tot God, sal Gods seen ontvang.”UG1 278.3

    “Daar is sommige in die laaste dae wat sal sê: ,Spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry.’ Maar dit is nie my werk nie. God het my geroep om Sy volk tereg te wys; en net so seker as Hy hierdie swaar las op my gelê het, sal Hy diegene aan wie die boodskappe gestuur is, verantwoordelik hou vir die houding wat hulle teenoor die boodskappe inneem. God laat niemand met Hom die gekskeer nie, en diegene wat Sy werk verag, sal volgens hulle dade vergeld word.UG1 279.1

    “Ek het nie hierdie onaangename werk vir myself gekies nie. Dit is nie ‘n werk wat my in die guns van mense bring, of wat hulle beweeg om my lof toe te swaai nie. Dit is ‘n werk wat deur min verstaan word. Maar diegene wat trag om my werk nog swaarder te maak deur hulle wanvoorstellings, hulle jaloerse verdenkings en ongeloof, en wat vooroordeel verwek in die harte van ander teen die Getuienisse wat God aan my gegee het, en wat sodoende my werk belemmer — God sal met hulle afreken terwyl ek steeds voortgaan soos die Voorsienigheid my lei en my broeders die weg vir my open. In die Naam en krag van my Verlosser sal ek doen wat ek kan. . . . My plig is nie om myself te behaag nie, maar om die wil van my hemelse Vader te doen, wat hierdie werk aan my gegee het.”UG1 279.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents