Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK AGTIEN—GETROUE RENTMEESTERSKAP

    (Deel IX, bls. 245-252.)

    CHRISTUS het ons met Sy eie kosbare bloed gekoop. Hy het die koopsom betaal vir ons verlossing, en as ons daardie skat maar net wil aanneem, sal dit ons s’n wees as ‘n vrye gawe van God.UG1 139.1

    “Hoeveel skuld jy aan my heer?” Lukas 16: 5. Dit is onmoontlik om te sê. Alles wat ons het, kom van God. Hy kan Sy hand op al ons besittings lê en sê: “Ek is die wettige eienaar van die ganse heelal; al hierdie dinge is Myne. Heilig aan My die tiendes en die offergawes. As julle hierdie dinge aan My bring as ‘n teken van julle lojaliteit en onderwerping aan My koningskap, sal My seen julle goed vermeerder en julle sal ‘n oorvloed hê.”UG1 139.2

    God stel elke siel op die proef wat voorgee om in Hom te glo. Aan almal is talente toevertrou. Die Here het aan die mense Sy goed gegee om daarmee handel te dryf. Hulle is Sy rentmeesters, en Hy het aan hulle geld, huise en grond gegee. Al hierdie dinge moet beskou word as aan die Here behorende, om gebruik te word vir die bevordering van Sy werk en om Sy koninkryk uit te brei op die aarde. Waar ons handeldryf met die Here se goed, moet ons na Hom gaan om wysheid, sodat ons nie die goed wat Hy aan ons toevertrou het, gebruik vir selfverheerliking of vir selfsugtige doeleindes nie. Die hoeveelheid wat gegee is, is verskillend, maar diegene wat die minste ontvang het, moenie voel dat hulle niks daarmee kan doen omdat dit min is nie.UG1 139.3

    Elke Christen is ‘n rentmeester van God aan wie Hy Sy goed toevertrou het. Gedenk aan die woorde: “En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou moet bevind word.” 1 Kor. 4: 2. Laat ons toesien dat ons God nie beroof in die klein dingetjies nie, want daar is groot dinge op die spel.UG1 139.4

    Alle dinge behoort aan God. Die mense mag Sy eiendomsreg verontagsaam; en terwyl Hy Sy seëninge mildelik op hulle uitstort, mag hulle Sy gawes aan die bevrediging van self bestee, maar hulle sal verantwoording moet doen van hulle rentmeesterskap.UG1 140.1

    ’n Rentmeester vereenselwig hom met sy meester. Hy aanvaar die verantwoordelikhede van ‘n rentmeester, en hy moet in sy meester se plek optree net soos sy meester self sou gedoen het as hy daar was. Sy meester se belange is sy belange. Die betrekking van rentmeester is ‘n waardige betrekking omdat sy meester hom vertrou. As hy in enige opsig op selfsugtige wyse sou optree en die winste wat hy maak deur handel met sy meester se goed vir sy eie voordeel sou gebruik, maak hy ‘n misbruik van die vertroue wat in hom gestel is.UG1 140.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents