Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ons Moet die Meel en die Olie Deel

    In hierdie verband moet ons die verhaal van die weduwee van Sarepta lees. Na hierdie vrou, in ‘n heidense land, het God Sy dienskneg gestuur vir onderhoud toe daar hongersnood in die land was. “Maar sy antwoord: So waar as die Here u God leef! ek het nie ‘n broodkoek nie, net maar ‘n handvol meel in die kruik en ‘n bietjie olie in die kan; en hier maak ek nou ‘n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe. En Elia sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak. Want so sê die Here, die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak en die olie in die kan sal nie minder word nie tot op die dag dat die Here reën op die aarde sal gee. En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elia.” 1 Kon. 7: 12-15.UG1 83.3

    Die gasvryheid wat hierdie heidense vrou aan die profeet van God betoon het was wonderlik, en haar geloof en gasvryheid is op wonderbaarlike wyse beloon. “En sy het geëet — sy en hy en haar gesin dae lank: die meel in die kruik het nie opgeraak en die olie in die kan nie minder geword nie volgens die woord van die Here wat Hy deur Elia gespreek het.”UG1 84.1

    “Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie. Toe sê sy vir Elia: Wat het ek met u te doen, man van God! Het u na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak? Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot afgeneem en hom opgedra na die bokamer waar hy self gewoon het en hom op sy bed neergelê. . . . Daarop het hy hom driemaal uitgestrek oor die kind en die Here aangeroep. . . . En die Here het Elia verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekom, sodat hy weer lewendig geword het. Daarop neem Elia die kind en bring hom af uit die bokamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elia sê: Kyk, jou seun lewe! En die vrou sê vir Elia: Nou weet ek dit dat u ‘n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is.” 1 Kon. 17: 16-24.UG1 84.2

    God het nie verander nie. Hy is nog net so magtig as Hy in Elia se tyd was. En die volgende belofte van Christus is nog net so vas as toe dit die eerstemaal gegee is, “Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van profeet ontvang.” Matt. 10: 41.UG1 84.3

    Die volgende woorde van Christus geld vandag vir Sy getroue diensknegte net soos vir Sy eerste dissipels: “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.” Vers 40. Elke vriendelike daad in Sy naam verrig sal erken en beloon word. Hier sluit Christus selfs die swakste en geringste van die gesin van God in. “En elkeen wat een van hierdie kleintjies,” d.w.s. diegene wat kinders in die geloof en kennis van Christus is, “net ‘n beker kou water laat drink in die naam van ‘n dissipel, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.” Vers 42.UG1 84.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents