Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK NEGEN-EN-DERTIG—GETUIENISSKRIFTE NIE BEDOEL OM DIE PLEK VAN DIE BYBEL IN TE NEEM NIE

    (Deel V, bls. 663-668.)

    DIE volgende aanhaling uit ‘n getuienis wat in 1876 verskyn het, sal toon dat die Getuienisskrifte nie gegee is om die plek van die Bybel in te neem nie:UG1 261.1

    “Deur te trag om dit te laat skyn asof die lig wat God deur die Getuienisse gegee het, ‘n byvoegsel tot die Woord van God is, sal Broeder R. die gemoedere verwar; hierdeur stel hy die saak in ‘n verkeerde lig. God het dit goedgedunk om langs hierdie weg die aandag van Sy volk op Sy Woord te vestig om hulle ‘n beter begrip daarvan te gee.” “Die Woord van God is voldoende om die donkerste verstand te verlig, en dit kan verstaan word deur diegene wat ‘n begeerte het om dit te verstaan. Maar nieteenstaande dit nie, is daar sommige gevind wat voorgee dat hulle Gods Woord ondersoek, maar wat in stryd met die duidelikste voorskrifte daarvan leef. Om manne en vroue sonder verontskuldiging te laat, gee God duidelike en treffende getuienisse, wat bedoel is om hulle terug te bring tot die Woord wat hulle nagelaat het om te gehoorsaam.” “Die Woord van God bevat talryke algemene beginsels vir die vorming van lewensgewoontes, en die Getuienisskrifte, algemeen en persoonlik, is bereken om die aandag meer in die besonder op hierdie beginsels te vestig.”UG1 261.2

    Op 3 April 1871, is hierdie saak aan my in ‘n droom voorgestel. Dit was asof ek ‘n belangrike vergadering bygewoon het, waar ‘n groot skare saamgekom het. Vele was in ernstige gebed voor God neergebuig en dit het geskyn asof hulle iets op die hart het. Hulle het God gesmeek om spesiale lig. Dit het geskyn asof ‘n paar in sieleangs verkeer het; hulle gemoedere was vol; in trane het hulle hardop gesmeek om hulp en lig. Ons vernaamste broeders het aan die indrukwekkende toneel deelgeneem. Broeder S. het op die vloer gelê, waarskynlik in groot benoudheid. Sy eggenote het by ‘n aantal onverskillige spotters gesit. Haar houding was asof sy begerig was om almal te laat verstaan dat sy diegene wat hulleself so verneder, verag het.UG1 261.3

    “Ek het gedroom dat die Gees van God op my gekom het, en ek het onder die geween en gebede opgestaan, en gesê Die Gees van die Here God is op my. Ek voel gedwonge om aan u te sê dat u persoonlik vir uself moet begin werk. U sien op tot God en verlang dat Hy die werk vir u moet doen wat u self behoort te doen. As u die werk vir uself sou doen, wat u weet dat u behoort te doen, sal God u help wanneer u hulp nodig het. U het juis dié dinge nagelaat wat God vir u oorgelaat het om te doen. U het tot God geroep om u werk vir u te doen. As u die lig gevolg het wat Hy aan u gegee het, sou Hy meer lig op u laat skyn het; maar solank as u die raad, waarskuwings en bestraffings wat gegee is, verontagsaam, hoe kan u verwag dat God u nog meer lig en seëninge sal gee om te verwaarloos en te verag? God is nie ‘n mens nie; Hy laat nie met Hom speel nie.UG1 262.1

    “Ek het toe die dierbare Bybel opgeneem en dit omring met verskillende Getuienisskrifte aan die Kerk, deur God vir Sy volk gegee. Hierin, het ek gesê, is voorsiening gemaak vir byna elke geval. Die sondes wat hulle moet vermy is aangewys. Die raad wat so na verlang word kan daar gevind word, gegee aan persone wat in dieselfde toestand verkeer as u. Dit het God behaag om aan u te gee, reël op reël, gebod op gebod. Maar daar is nie baie van u wat regtig weet wat in die Getuienisskrifte staan nie. U is ook nie bekend met die Skrif nie. As u Gods Woord sou ondersoek het met ‘n begeerte om die Bybelse peil, en die Christelike volmaaktheid te bereik, sou u nie die Getuienisskrifte nodig gehad het nie. Dit is omdat u nagelaat het om uself op hoogte te stel van God se ingegewe Boek dat Hy getrag het om u deur eenvoudige, direkte getuienisse te bereik, om u aandag te vestig op die ingegewe woorde wat u nagelaat het om te gehoorsaam, en om u aan te spoor om u lewe te reël ooreenkomstig die reine en verhewe leerstellings daarvan.UG1 262.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents