Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Verkwikkende Invloed van Eenvoudige Woorde

    Ons moet die jongmense oplei om ander jongmense te help; en namate hulle hierdie werk doen, sal hulle ondervinding opdoen wat hulle sal bekwaam maak om in ‘n wyer kring te werk. Duisende kan op ‘n eenvoudige, nederige manier bereik word. Die slimste mense — diegene wat beskou word as die wêreld se begaafdste manne en vroue — word dikwels verkwik deur die eenvoudige woorde van iemand wat God liefhet en wat so natuurlik van daardie liefde kan praat as die wêreldling van wêreldse dinge. Dikwels het woorde wat ons vooraf gekies en geleer het, geen krag nie; maar die ware, opregte woorde van ‘n seun of dogter van God, in natuurlike eenvoud gespreek, sal dikwels harte ontsluit wat lank reeds toe was.UG1 123.3

    Orals hoor ons die noodkrete van diegene wat in ellende verkeer. Die skaduwee van die sonde bedek ons, en ons moet bereid wees vir alle goeie woorde en werke. Ons weet dat ons die teenwoordigheid van Jesus by ons het. Die soete invloed van Sy Heilige Gees leer en lei ons om woorde te spreek wat ander sal aanmoedig en verlig. As ons dikwels met ons susters kon praat, en as ons, in stede van te sê, “Gaan,” hulle daartoe kon bring om te maak en voel soos ons voel, sou hulle steeds meer en meer die waarde van ‘n menslike siel besef. Ons leer sodat ons self leraars kan word. Elke kerklid moet onder die indruk hiervan gebring word.UG1 123.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents