Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Johannes se Gesig van Jesus

    Toe God op die punt gestaan het om aan Johannes die toekomstige geskiedenis van die kerk te openbaar, het Hy aan hom ook die versekering gegee van die Heiland se belangstelling in en Sy sorg vir Sy volk, deur aan hom in ‘n gesig te toon “Een soos die Seun van die mens,” wat tussen die kandelare gewandel het wat die sewe gemeentes voorgestel het. Terwyl die laaste worstelstryd van die kerk met aardse magte aan Johannes getoon is, is die uiteindelike oorwinning en verlossing van die getroues ook aan hom getoon. Hy het die vreeslike stryd van die kerk teen die dier en sy beeld gesien, asook hoe die mense, onder straf van die dood, geforseer is om die dier te aanbid. Maar anderkant die rook en die lawaai van die stryd het hy ‘n menigte op die Berg Sion gesien, saam met die Lam, en in stede van die merkteken van die dier het hulle die “Naam van die Vader op hulle voorhoofde” gehad. En weer het hy gesien “iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, en oor die getal van sy naam, het ek sien staan by die see van glas, met siters van God. En hulle het die lied gesing van Moses . .. en die lied van die Lam.”UG1 162.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents