Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VYFTIEN—VROUE AS EVANGELIEDIENARESSE

    (Deel VI, bls. 114-118.)

    DIE werk wat begin is om ons susters onder ‘n besef te bring van hulle persoonlike verantwoordelikheid tot God, is ‘n goeie en nodige werk. Hierdie werk was vir ‘n lang tyd verwaarloos. Die Here wil hê dat ons gedurig die waarde van die menslike siel sal voorhou aan diegene wat dit nie besef nie. En wanneer dit op ‘n eenvoudige en duidelike manier voorgehou word, sal die huislike pligte, in stede dat hulle verwaarloos word, op ‘n intelligenter wyse nagekom word.UG1 122.1

    As ons dit so kon reel dat daar georganiseerde groepe is wat behoorlik ingelig is in verband met die werk wat hulle moet doen as diensknegte van die Meester, sal ons kerke die lewenskrag hê waaraan hulle lank reeds behoefte het. Die waarde van siele vir wie Christus gesterf het, sal besef word. Oor die algemeen het ons susters maar ‘n moeilike tyd met die vermeerdering van hulle gesinne en die beproewings wat ander nie besef nie. Ek hoop tog so dat daar vrouens kan opgelei word wat ons susters sal bemoedig om vir die Here te werk. Dit sal sonstrale in hulle eie lewens bring, wat ook weer ander lewens vel verlig. God sal almal seën wat aan hierdie heerlike werk deelneem.UG1 122.2

    Dit skyn of baie van die jongmense sowel as van die ouer susters skaam is om oor die godsdiens te gesels. Hulle besef nie die geleenthede wat hulle het nie. Hulle maak die vensters van hulle siele na die hemel-toe toe, en maak hulle vensters na die aarde-toe wyd oop. Maar as hulle eenmaal die waarde van die menslike siel besef, sal hulle die vensters na die aarde-toe toemaak — die hunkering na wêreldse vermake, ligsinnigheid en sonde — en hulle sal die vensters hemelwaarts oopmaak na geestelike dinge. Die Woord van God moet hulle versekering, hulle hoop en hulle vrede wees. Hulle sal dan kan sê: “Ek sal lig ontvang van die Son van Geregtigheid en dit ook op ander laat skyn.”UG1 122.3

    Die suksesvolste werkers is diegene wat hulle werk opneem en God dien in die klein dingetjies. Elke mens moet met sy lewensdraad werk—’n patroon uitwerk wat sal help om die groot ontwerp van God te voltooi.UG1 123.1

    Die werk van Christus het grotendeels bestaan uit persoonlike onderhoude. Hy het groot waarde geheg aan onderhoude met enkele persone. Die onderrig wat daardie een siel ontvang het, is weer na duisende ander geneem.UG1 123.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents