Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SEWEN-EN-VEERTIG—ONS HOUDING TEENOOR DIE BURGERLIKE OWERHEID

    (Deel VI, bls. 394-401.)

    PARTY van ons broeders het baie gesê en geskryf wat teenstrydig met wet en gesag beskou kan word. Dit is verkeerd om ons so aan misverstand bloot te stel. Dit is gladnie raadsaam om gedurig met regeerders fout te vind nie. Ons is nie geroepe om persone en inrigtings aan te val nie. Ons moet die indruk vermy dat ons teen die burgerlike owerheid is. Dis waar, in hierdie stryd tree ons aanvallend op, maar ons wapens moet die wees wat gevind word in die eenvoudige “So sê die Here.” Ons roeping is om die mensheid voor te berei om in die groot Dag van die Here te kan staande bly. Ons moet nie van koers gebring word deur dinge wat strydvrae kan uitlok nie of wat diegene wat nie ons geloof toegedaan is, vyandig kan maak nie.UG1 284.1

    Ons moet nie op ‘n manier handel wat as verraderlik beskou kan word nie. In ons geskrifte en toesprake behoort ons alle woorde te weer, wat as hulle uit hulle verband geruk is, die indruk kan verwek dat ons teen wet en orde is. Alles behoort goed oorweeg te word sodat ons nie bestempel kan word as diegene wat ontrou is aan ons land en sy wette nie. Van ons word nie verwag dat ons die owerhede sal uitdaag nie. Die stryd sal wel aanbreek dat ons verraaiers genoem sal word omdat ons Bybelse waarheid voorstaan; maar moenie die tyd verhaas deur onbedagsaamheid wat stryd en vyandigheid sal veroorsaak nie. Die tyd sal kom wanneer onbedagte uitdrukkings in geskrifte en toesprake, deur onse vyande gebruik sal word om ons te veroordeel. Die uitdruk-kings sal nie alleen teen dié gebruik word wat daarvoor verantwoordelik is nie, maar teen die hele Adventistegenootskap. Ons aanklaers sal getuig dat hierdie of daardie verantwoordelike leier van die Adventiste sekere dinge gesê het teen die handhawing van die wette deur die regering — hulle sal dag en datum noem. Vele sal dan verbaas wees om te sien hoedat baie dinge onthou is om die aantuigings van ons teenstanders te staaf. Vele sal verstom wees om te hoor hoe hulle eie woorde verdraai word om ‘n betekenis aan hulle woorde te gee wat hulle nooit bedoel het nie. Daarom moet ons werkers onder alle omstandighede en ten alle tye versigtig wees wat hulle sê. Laat almal op hulle hoede wees teen onbesonne woorde wat miskien ‘n tyd van benoudheid sal veroorsaak nog voor die groot krisis aanbreek wat die mensesiel sal beproef.UG1 284.2

    Hoe minder ons aantygings teen owerhede en magte maak, hoeveel te groter sal die werk wees wat ons kan verrig in Amerika en in vreemde lande. Vreemde nasies sal die leiding van die Verenigde State volg. Al lei die Verenigde State, tog sal ons gelowiges oor die hele wêreld die krisis moet deurmaak.UG1 285.1

    Ons werk is om die Wet van God te verhoog en te vergroot sodat die waarheid van God se heilige Woord openbaar kan word. Ons moet die Heilige Skrif hooghou as die maatstaf van die lewe. Met alle beskeidenheid, met die gees van genade en met die liefde van die Here moet ons die mense daarop wys dat die Here God die skepper is van hemel en aarde en dat die sewende dag die Sabbat van die Here is.UG1 285.2

    In die naam van die Here moet ons voortgaan om Sy banier te ontvou en Sy Woord bekend te maak. Wanneer die owerhede ons verbied om dié werk te doen, wanneer hulle ons verbied om die gebooie van God en die geloof in Jesus te verkondig, dan sal ons genoodsaak wees om soos die apostels te vra: “Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.” Hand. 4: 19, 20.UG1 285.3

    Die waarheid moet in die krag van die Heilige Gees verkondig word. Op die manier alleen sal ons woorde doeltreffend wees. Oorwinning kan behaal en behou word alleen deur die krag van die Gees. Die mens moet deur die Gees van God voortgedryf word. Die arbeiders moet deur die krag van God staande gehou word deur geloof tot saligheid. Hulle moet hemelse wysheid besit, sodat hulle niks sal sê wat mense vir ons die weg sal laat sluit nie. Deur die verkondiging van geestelike waarheid moet ons ‘n volk toeberei wat met vrees en sagmoedigheid voor die hoogste owerheid van onse wêreld vir hulle geloof verantwoording sal kan doen.UG1 285.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents