Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Verantwoordelikheid van Diegene wat die Waarheid ken

    My broeders en susters, neem ons die behoeftes van die groot stede in ag? Weet ons nie dat hulle gewaarsku moet word van die spoedige koms van Christus nie? Die werk wat ons moet doen is verbasend groot. Daar is ‘n wêreld wat gered moet word; daar is siele vir wie ons moet arbei in die stede op plekke waar die boodskap van die koms van die Here in die begin verkondig is. Wie is gereed om hulleself toe te wy aan hierdie soort sendingwerk? Daar is honderde van ons mense wat in die veld behoort te wees, en wat min of niks doen vir die verbreiding van die boodskap nie. Diegene wat alle geleentheid gehad het om die waarheid te ken en wat on-derrig ontvang het, reël op reel en gebod op gebod, hier ‘n bietjie en daar ‘n bietjie, het ‘n groot verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie siele wat nog nooit die laaste evangelieboodskap gehoor het nie.UG1 107.1

    As die kerklede op hierdie geleë tyd in nederigheid tot God sal kom, alles wat verkeerd is uit hulle harte sal wegruim, en Hom by elke stap sal raadpleeg, sal Hy Homself aan hulle openbaar en hulle bemoedig. En namate die kerklede hulle deel getrou uitvoer, sal die Here Sy uitverkore diensknegte lei, en hulle in hulle belangrike werk versterk. Laat ons saamstaan en met vele gebede hulle hande omhoog hou, en heldere strale van die hemelse heiligdom laat neerdaal.UG1 107.2

    Die einde is naby, dit sluip stadig nader, onsigbaar, soos die stille koms van ‘n dief in die nag. Mag die Here gee dat ons nie langer sal slaap soos ander nie, maar dat ons sal waak en nugter wees.UG1 107.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents