Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SESTIEN—DIE GEES VAN ONAFHANKLIKHEID

    (Deel IX, bls. 257-261.)

    DIEGENE wat van die begin af in die werk was, verdwyn stadigaan van die toneel. Nog net ‘n paar van die ou baanbrekers is by ons. Baie van die swaar laste wat eertyds deur manne van ryp ondervinding gedra is, rus vandag op die skouers van jonger manne.UG1 127.1

    Daar is ‘n sekere mate van gevaar verbonde aan die feit dat manne wat minder ervare is die verantwoordelikheid moet dra—’n gevaar waarteen ons moet waak. In die wêreld is daar ‘n gedurige stryd om die hoë betrekkings. Daar is ‘n neiging om op eie houtjie te wil werk —’n gees van disorganisasie wat feitelik met die lug ingeasem word. Sommige beskou alle pogings om orde te skep as gevaarlik — as ‘n beperking van persoonlike vryheid, ‘n soort van pousdom. Hierdie misleide siele beskou dit as ‘n deug om vir hulleself te dink en onafhanklik op te tree — hulle spog met hulle vryheid. Hulle verklaar dat hulle hulle nie van ander sal laat geseg nie, en dat hulle aan niemand verantwoordelik is nie. Aan my is getoon dat Satan hom daarop toelê om mense te lei om te voel dat God behae skep in persone wat hulle eie weg kies, sonder die raad van hulle broeders.UG1 127.2

    Hierin skuil daar ‘n groot gevaar vir ons werk later. Ons moet versigtig voortgaan, verstandig en in ooreenstemming met die oordeel van Godvresende raadsliede; want langs hierdie weg alleen is daar veiligheid en sterkte. As dit nie die geval is nie, kan God nie met ons en deur ons en vir ons werk nie.UG1 127.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents