Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Deeglike Organisasie

    O, hoe bly sal Satan nie wees nie as hy maar daarin kon slaag om onder ons mense in te kom en die werk in die war te stuur, veral op ‘n tyd wanneer deeglike organisasie onontbeerlik en ‘n magtige afweermiddel is van alle valse bewegings en van alles wat nie in ooreenstemming is met Gods Woord nie! Ons behoort ons werk so te reël dat die orde en organisasie wat tot stand gekom het as gevolg van ‘n verstandige beleid, onaangetas bly. Geen afbrekende element moet op hierdie tyd in die werk gedoog word nie. Sommige het gemeen dat die kinders van God, namate ons die einde nader, onafhanklik van enige godsdienstige organisasie moet optree. Maar ek is deur die Here opgedra om te sê dat daar in hierdie werk gladnie so iets moet wees as ‘n onafhanklike optrede nie. Die sterre aan die hemeltrans word almal deur ‘n wet beheers; die een beïnvloed die ander in die volvoering van die wil van God en hulle is almal gehoorsaam aan die wet wat hulle beweging beheers. Om Gods werk op gesonde voet en eendragtig te laat uitbrei, behoort Sy volk saam te staan.UG1 127.4

    Die stampe en stote waarmee sommige werk wat voorgee om Christene te wees, laat ons dink aan die fratse van sterk, dog ongeleerde perde. As die een vorentoe spring, beur die andereen agteruit; as die baas praat wil die een alles maak-en-breek terwyl die andereen botstil staan. As die mense nie almal wil saamtrek in die groot werk vir hierdie dae nie, sal daar verwarring ontstaan. Dit is nie ‘n goeie teken wanneer mense nie met hulle broeders wil saamwerk nie,en verkies om onafhanklik op te tree. Die werkers moet sulke persone in hulle vertroue neem en hulle wys waar hulle verkeerd handel en afwyk van die regte beginsels. As mense in die juk van Christus trek, kan hulle nie anders as saamtrek nie; hulle sal saam met Christus trek.UG1 128.1

    Daar is sommige broeders wat met al die krag wat God aan hulle gegee het, werk, maar hulle het nog nie geleer dat hulle nie alleen moet werk nie. Pleks van hulleself te isoleer, behoort hulle saam met hulle ander broeders te werk. Tensy hulle dit doen, sal hulle hulle kragte op die verkeerde tyd en in die verkeerde rigting bestee. Hulle sal dikwels teenstrydig met die wil van God werk, met die gevolg dat al hulle inspanning waardeloos sal wees.UG1 128.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents