Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vertrou Alleen op God

    “Iemand het langs my gestaan en gesê: ,God het jou verwek, en aan jou worde gegee, soos aan niemand anders nie, om aan die volk te rig en hulle harte aan te raak. Hy het aan jou spesiale getuienisse gegee om voorsiening te maak in gevalle waar daar hulp nodig is. Jy moet nie deur hoon, bespotting, verwyte, of bestraffing, beweeg word. Ten einde die besondere werktuig van God te wees, moet jy op niemand anders steun as op Hom alleen, en laat jou ranke Hom omstrengel soos die klimop. Hy sal jou ‘n middel maak waardeur Hy lig aan Sy volk sal meedeel. Jy moet daeliks krag van Hom ontvang om sterk te wees, sodat die lig wat Hy op Sy volk deur jou laat straal nie deur jou omgewing verdof of verduister mag word nie. Dit is die hoofdoel van Satan om te verhoeg dat die lig tot Gods volk sal deurdrink — lig wat hulle temidde van die gevare van hierdie laaste dae so nodig het.UG1 265.1

    “Jou sukses hang af van jou eenvoudigheid. Net sodra jy hiervan afwyk en jou getuienisse verwater om die gemoed te streel, sal jou krag wyk. Om byna alles in hierdie eeu is daar doekies gedraai — dis natuurlik. Die wêreld is vol van getuienisse wat gegee is om vir die oomblik te paai en te streel en self te verhef. Jou getuienisse is van ‘n gans ander aard. Hulle moet haarfyn op die lewe ingaan, die swakkes in die geloof bewaar dat hulle nie beswyk nie, en die noodsaaklikheid om soos ‘n lig te skyn in hierdie wêreld op die harte van die gelowiges druk. . ..UG1 265.2

    “ ,Verhef jou stem soos ‘n basuin! En verkondig aan My volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.’ ”UG1 265.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents