Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Invloed van die Verkeerde Voorbeeld

    Die sedelike smaak van die aanbidders in die heiligdom van God moet verhef, verfynd, en geheilig word. Hierdie saak is jammerlik verwaarloos. Die belangrikheid daarvan is oor die hoof gesien, en as gevolg het wanordelikheid en oneerbiedigheid geheers, en God is daardeur onteer. As die leiers in die kerk, predikante en gemeentelede, vaders en moeders, nie verhewe idees in hierdie verband het nie, wat kan dan van die onervare kinders verwag word? Maar te dikwels word hulle in groepies gesien, weg van die ouers, wat hulle onder toesig behoort te hou. Nieteenstaande dat hulle in die teenwoordigheid van God is, en dat Sy oog hulle sien, is hulle ligsinnig en ydel, hulle fluister en lag, en hulle is onverskillig, oneerbiedig, en onoplettend. Maar selde word hulle daarop gewys dat die predikant ‘n gesant van God is, dat die boodskap wat hy bring deur God gebruik word tot redding van siele, en dat dit aan almal wat binne die bereik daarvan is ‘n reuk van die lewe tot die lewe of van die dood tot die dood is. Die tere en ontvanglike gemoedere van die jeug vorm hulle idees aangaande die werk van Gods diensknegte volgens die houding van hulle ouers in verband met die saak.UG1 57.1

    Baie hoofde van huise kritiseer die diens tuis deur hulle goedkeuring aan party dinge te heg en die res te veroordeel. Op hierdie wyse word die boodskap van God aan die mens gekritiseer en in twyfel getrek, en op ‘n ligsinnige manier behandel. Die indrukke wat sodoende op die jongmense gemaak word deur hierdie onverskillige, oneerbiedige aanmerkings, sal alleen deur die boeke van die hemel openbaargemaak word. Die kinders sien en verstaan hierdie dinge gouer as wat die ouers besef. Hulle ontvang verkeerde indrukke wat deur die tyd nooit heeltemal sal uitgewis word nie. Die ouers betreur die hardheid van hart by hulle kinders, en die moeite wat dit kos om hulle onder ‘n besef te bring van die eise van God. Maar in die boeke van die hemel kan die ware oorsaak daarvan gelees word.UG1 57.2

    Die ouers was onbekeerd. Hulle was nie in ooreenstemming met die hemel of die werk van die hemel nie. Hulle lae dunk van die heiligheid van die bediening en van die heiligdom van God is ook by hulle kinders aangekweek. Dis ‘n vraag of iemand wat vir jare onder hierdie verderflike huislike invloed was, ooit gevoelige eerbied en ‘n hoë dunk sal hê vir die dienaars van God en die werktuie wat Hy aangestel het vir die redding van siele. U moet oor hierdie spreek met eerbied, met welvoeglike taal, met fyngevoeligheid, sodat u aan almal kan openbaar met wie u omgaan dat u die boodskap van Gods diensknegte beskou as ‘n boodskap van God self.UG1 58.1

    Ouers, wees versigtig in verband met die voorbeeld en idees wat u aan u kinders gee. Hulle gemoedere is baie ontvanklik, en indrukke word maklik gemaak. As die spreker, in verband met sy diens in die heiligdom ‘n gebrek openbaar, vrees dan om daaroor te praat. Praat alleen van die goeie werk wat hy verrig, oor die goeie gedagtes wat hy uitspreek, waarop u moet agslaan as komende van die werktuig van God.UG1 58.2

    Dit kan maklik verstaan word waarom die prediking van die Woord so min indruk maak op die kinders, en waarom hulle so min eerbied koester vir die huis van God. Hulle opvoeding in hierdie opsig was gebrekkig. Hulle ouers behoort daelikse gemeenskap met God te oefen. Hulle eie idees moet verfyn en veredel word; hulle lippe behoort aangeraak te word met ‘n gloeiende kool van die altaar; dan sal hulle gewoontes, hulle gedrag tuis, ‘n goeie indruk maak op die gemoedere en karakters van hulle kinders. Die peil van die godsdiens sal daardeur baie verhoog word. Sulke ouers sal ‘n groot werk vir God doen. Daar sal minder wêreldsgesindheid, minder wellus, en groter verfyndheid en getrouheid tuis wees. Die lewe sal gekenmerk wees deur ‘n erns wat hulle sal verbaas. Niks in verband met die diens van God sal gemeen gemaak word nie.UG1 58.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents