Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vrydag die Spesiale Voorbereidingsdag

    Hoewel ons gedurende die hele week moet voorberei vir die Sabbat, is Vrydag veral die voorbereidingsdag. By monde van Moses het die Here aan die kinders van Israel gesê: “More is die rusdag, ‘n heilige Sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die more toe.” “Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeulens gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak.” Exod. 16: 23; Num. 11:8. Daar was werk om te doen in verband met die voorbereiding van die brood wat uit die hemel aan die kinders van Israel gestuur is. Die Here het hulle beveel dat hierdie werk op Vrydag, die voorbereidingsdag, gedoen moes word. Dit was ‘n toets vir hulle. Die Here wou sien of hulle die Sabbat sou vier of nie.UG1 37.3

    Hierdie bevel van die lippe van Jehova geld ook vir ons vandag. Die Bybel is ‘n volmaakte gids, en as die bladsye daarvan in gebed, deur gewillige harte ondersoek word, hoef niemand in verband met hierdie vraagstuk verkeerd te handel nie.UG1 37.4

    Daar is baie wat onderrig nodig het in verband met die kleredrag by die eredienste op die Sabbat. Hulle moet nie voor die aangesig van die Here verskyn in die alledaagse klere wat hulle gedurende die week dra nie. Almal behoort ‘n spesiale Sabbatspak te hê om te dra wanneer hulle na Gods huis gaan vir die dienste. Hoewel ons nie die wêreldse modes moet naäap nie, moet ons nogtans nie onverskillig wees ten opsigte van onse uiterlike voorkomste nie. Ons moet netjies aangetrek wees, dog nie uitgedos nie. Die kinders van God moet van buite en binne rein wees.UG1 38.1

    Die voorbereiding vir die Sabbat moet op Vrydag klaar wees. Sien toe dat die klere alles in orde is en dat al die kokery klaar is. Die baddens moet geneem en die skoene skoongemaak word vóór die Sabbat aanbreek. Dit kan gedoen word. As u daarvan ‘n reël maak, sal dit maklik gaan. Die Sabbat moenie bestee word aan die heelmaak van klere, koskook, genotsug, of enige ander wêreldlike werk nie. Voordat die son ondergaan moet alle sekulêre werk gestaak word, en alle wêreldse leesstof weggebêre word. Ouers, u moet u werk en die doel daarvan aan u kinders verduidelik, en hulle toelaat om u behulpsaam te wees in u voorbereiding om die Sabbat te vier volgens die gebod.UG1 38.2

    Ons moet baie gesteld wees op die begin en die einde van die Sabbat. Onthou dat elke oomblik heilige tyd is. Waar moontlik moet werkgewers hulle werknemers van Vrydag twaalfuur vry gee. Gee hulle tyd om klaar te maak, sodat hulle die Sabbat van die Here met ‘n stille gemoed kan verwelkom. As u so handel sal u geen verlies lei nie, selfs ook nie in tydelike dinge nie.UG1 38.3

    Daar is nog iets wat aandag behoort te geniet op die voorbereidingsdag. Op hierdie dag behoort alle geskille tussen broeders, of dit nou onenigheid in die gesin of die kerk is, uit die weg geruim te word. Laat alle toorn, woede en boosheid uit die hart verban word. “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.” Jak. 5: 16. Doen dit in alle nederigheid.UG1 38.4

    Vóór die Sabbat begin, behoort die gedagtes sowel as die liggaam van wêreldse besigheid afgetrek te word. God het Sy Sabbat aan die einde van die ses werksdae gestel, sodat die mens tyd kan neem om te peins oor die vordering wat hy gedurende die week gemaak het ter voorbereiding vir die heilige koninkryk waar geen oortreder sal toegelaat word nie. Ons behoort elke Sabbat ons siele te ondersoek om te sien of die afgelope week aan ons geestelike wins of verlies besorg het.UG1 39.1

    U ewige saligheid hang daarvan af of u die Sabbat aan die Here heilig of nie. God sê, “Want die wat My eer, sal Ek eer.” 1 Sam. 2: 30.UG1 39.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents